Interskole Sportdag

Interskole Sportdag

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se 1ste rugbyspan (o/19A), wat gelykop (10 elk) teen Swellendam Sekondêr geëindig het, met hulle afrigters, Wynand Bezuidenhout (2de van links in middelry) en Jaco Swart (regs in middelry)

Gansbaai Academia het verlede Saterdag ‘n suksesvolle rugby- en netbal interskole teen die spanne van Swellendam Sekondêr gereël. Die 4 rugbyspanne het goed gevaar en die uitslae is soos volg: Gansbaai Academia se o/15B’s wen 25-0, die o/15A’s wen 17-7, die o/16A’s verloor 12-15 en die o/19A’s (1ste span) speel gelykop met 10 elk. Die 1ste span is dit eens dat hulle baie trots is op hulle twee afrigters, Wynand Bezuidenhout en Jaco Swart. Hulle is proefstudente wat vir die jaar te Gansbaai Academia geplaas is en speel ‘n enorme rol in die 1ste span se afrigting. Ongelukkig het dit nie so goed met Gansbaai Academia se netbalspanne gegaan nie. Die o/14A’s verloor 7-15, die o/16B’s verloor 1-18, die o/16A’s verloor 6-7 en die o/19A’s (1ste span) verloor 9-24. Dit was ‘n gesellige Sportdag wat in ‘n goeie sportmansgees afgeloop het.

Hardus Botha

Interskole Sportdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant