Laerskool Gansbaai Interskole

Laerskool Gansbaai Interskole

Gansbaai Courant

Villiersdorp se O/9 Akkedissies het hul tydens Saterdag se Interskole behoorlik vasgeloop teen die onoorwonne Gansies. AJ Bosch word hier deur die toeskouers aangespoor op pad doellyn toe.

Taai mededinging in 'n goeie gees het verlede Saterdag die Interskole-sportbyeenkoms op Gansbaai gekenmerk. Die Laerskool Gansbaai en die Laerskool De Villiers Graaff op Villiersdorp het mekaar vir die vyfde jaar in rugby en netbal gepak. Gunstige weer ('n koel dag met 'n ligte briesie) het saam met entoesiastiese meelewing van ouers en ander belangstellendes bygedra tot 'n besondere geleentheid. 

Gansbaai het die rugbykragmetings met 2 - 1 gewen (2 gelykop), maar die besoekers was baas in netbal met 8 - 4 (1 gelykop). Op die rugbyveld het Gansbaai se O/9's hul onoorwonne status vanjaar behou deur Villiersdorp oortuigend met 20 - 5 te klop. Die tuisspan se O/13A-netbalspan het ook nie hierdie seisoen verloor nie, maar moes 'n agterstand uitwis om uiteindelik met 21 - 21 gelykop te speel. Die volledige uitslae is: RUGBY: O/7: Gelykop 10 - 10; O/8: Gelykop 5 - 5; O/9: Gansbaai wen 20 - 5; O/11: Gansbaai wen 10 - 5; O/13: Villiersdorp wen 34 - 8. NETBAL: O/7A: Villiersdorp wen 7 - 0; O/7B: Villiersdorp wen 4 - 2; O/8A: Gansbaai wen 7 - 3; O/8B: Villiersdorp wen 3 - 1; O/9A: Gansbaai wen 10 - 1; O/9B: Villiersdorp wen 7 - 0; O/10A: Villiersdorp wen 11 - 4; O/10B: Villiersdorp wen 7 - 2; O/11A: Gansbaai wen 11 - 2; O/11B: Villiersdorp wen 5 - 1; O/12A: Gansbaai wen 8 - 4; O/12B: Blompark klop Gansbaai 8 - 0; O/13A: Gelykop 21 - 21; O/13B: Villiersdorp wen 11 - 2.

Gerrit Cloete 

Laerskool Gansbaai Interskole

Gerrit Cloete

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant