Goeie vangste

Goeie vangste

Gansbaai Courant

Die vier knap hengelaars van die Overberg Kushengelklub met hulle vangstes, met vlnr Morné Olivier, Eldo Marais, Sihan Toua en Oubaas Lesch

Die Overberg Kushengelklub spog met goeie vangste tydens hulle vorige rots- en strandhengelkompetisie.

Die wenners vir die dag was Sihan Toua met sy Steenbras van 6.08kg en hy het ook die prys vir die swaarste sak ingepalm. Die ander drie wenners was Oubaas Lesch met sy Steenbras van 2.86kg en twee Galjoene van 0.92kg en 1.22kg, Eldo Marais met sy Galjoen van 1.92kg en Morné Olivier met sy twee Galjoene van 1.7kg en 0.94kg.

“Dit was ‘n baie suksesvolle dag wat terdeë deur almal geniet is en wat met ‘n gesellige kuier en ete saam met die dames afgesluit is,” vertel Maynhard van Niekerk van die klub. Hy het ook verwys na die klub se gesellige Familiebyeenkoms saam met die hengelaars se gesinne waarna daar baie uitgesien word. Die hengeldag val saam met die Interklub-kompetisie tussen Overberg Kushengelklub en Stilbaai Kus-hengelklub.
Borge (alfabeties) vir die kompetisie was Boathouse restaurant, Gansbaai Sport & Tackle, Hennie Kriel Bouers en L & S Motors.

Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha
 

Goeie vangste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant