BBos Vroue saamtrek

BBos Vroue saamtrek

Gansbaai Courant

Douvoordag soos dit ‘n boervrou betaam is 14 dames, oud en jonk,  opgekommandeer om reeds half 8 Msopi se bussie te kry.  Na 15 minute se gewag was daar nie meer keer aan die boervroue nie en daar word toe besluit om hul vervoer te gaan soek.  Ten einde is die bussie gevind voor ‘n water verspoeling waar die bestuurder sit en wonder of hy daar kan en moet deurry. 
Met hul aankoms by Superplants op Hermanus is die dames begroet met ‘n stywe plaas-ontbyt gevolg deur koffie en tee. 

Bronia het hul kennis verbreed oor rose , hoe om jou eie komposhoop te begin asook oor hoe om jou eie kruie- tuin te maak. Daar is geruik en “proe” aan al wat 'n krui is!  Bronia het haar uitstekend van haar taak gekwyt, so goed dat daar amper nie plek was vir die dames in die bussie nie, want dit was net plante en kruie waar jy kyk.

Na afloop van die praktiese informasie-sessie deur Bronia is hul bederf met heerlike kaaskoek en tee van Wonderland asook ‘n geskenkpak van Superplants.

Die volgende stop was by Veronick’s, in die middedorp van Hermanus.  Die dames het verdeel in twee groepe waar hulle  “scrap booking” gedoen het.  Die pragtigste spogboekies is gemaak volgens elke vrou se eie kreatiwiteit en smaak. Dit was omtrent ‘n storie om almal uit die wonderlike winkel uit te kry.

Dit dag  se sukses kan gemeet word aan die lekker saamlag en die goeie spangees wat geseëvier het onder die boervroue!   Hul kan nie wag vir die volgende uitstappie nie!

Marietta Uys

BBos Vroue saamtrek

Marietta Uys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant