Man met Dagga en Mandrax betrap

Man met Dagga en Mandrax betrap

Gansbaai Courant

Konstabel H. Marais en Konstabel L. Kholoane het ‘n woning te Tshwetestraat, Masakhane deursoek nadat inligting vanaf die publiek ontvang is dat daar dwelms by die betrokke huis versteek word.  Met hul aankoms by die huis het hulle 'n mansperson teëgekom en aan hom die doel van die deursoeking verduidelik. Die man is deursoek en een stop dagga is in sy besit gevind. Hy is toe gearresteer. Die woning is verder deursoek. Terwyl die lede besig was met die deursoeking wou die verdagte vlug. Hy is egter voorgekeer en verhoed om te vlug.   Die lede het hom toe gevra waarvoor hy dan wil weghardloop aangesien hy maar met een stop dagga gearresteer was. Hy het toe aan die lede erken dat daar nog dwelms versteek was in die woning. Verdere ondersoek is ingestel en daar is toe op ‘n versteekte kompartement in die muur afgekom. Drie sakkies dagga en tagtig stoppe dagga is uit die versteekte kompartement gehaal. Daar was ook twee en ‘n halwe Mandrax tablette. Die verdagte het alreeds in die hof te Hermanus verskyn vir die besit van dwelms. Hy is die 43 jarige  Zanemvula Dlova van Masakhane.


Polisie slaan toe


Gedurende die naweek van 16 -18 Augustus, het die plaaslike polisie verskeie optredes in die omgewing geloods wat gelei het tot verskeie arrestasies. Drie persone is weens dronkbestuur aangekeer en drie persone is weens die besit van dwelms aangekeer. Sewe en negentig persone is vir geringe oortredings aangekeer en beboet. Daar is ook beslag gelê op ‘n vuurwapen wat een van die verdagtes wat aangekeer was weens Dronk bestuur, by hom gehad het.  Die Stasie Bevelvoerder , Lt-Kolonel M.M. Adonis sê daar sal in die toekoms nog verskeie optredes geloods word.  
A/O CW le Roux, S A Polisiediens, Gansbaai

Man met Dagga en Mandrax betrap

A/O CW le Roux, SAPD Gansbaai

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant