12 Gansbaaiers na Botswana

12 Gansbaaiers na Botswana

Gansbaai Courant

Die 12-stuks Gansbaaiers wat onlangs na Botswana en Zimbabwe getoer het

Nie minder nie as 12 Gansbaaiers het onlangs ‘n reis na Botswana en die Victoria Watervalle onderneem. Die groep was deel van ‘n toergroep van Savanna Toere. Die Gansbaaiers wat so heerlik saamgekuier het, is Danie en Madeline Janse van Rensburg, Fred en Linda Rossouw, Piet en Dalena Wessels, Albert en Rhona van Schalkwyk, Johan en Suzette Wiese, Hettie Lass en Dina Jooste. Johan Wiese vertel dat die Gansbaaiers na Johannesburg gevlieg het, waarna die bustoer in Pretoria begin het. Hulle is met die toerbus deur Botswana tot by die Chobe reservaat geneem. Vandaar is hulle oor die grens na Zimbabwe waar die Victoria Valle onder andere besoek is. “Almal was die eens dat dit ‘n fantastiese toer was en ‘n belewenis wat mens net een keer in ‘n leeftyd ondervind,” sê Johan. “Savanna Toere se reëlings is uitstekend en die akkommodasie was oral uitstekend.” Hy vertel dat een van die hoogtepunte tydens die toer sonder twyfel ‘n bootreis op die Chobe-rivier was, waar dit wemel van diere, met sonsondergange wat “hemels” was, maar hulle eindbestemming, die Victoria Valle, was vir almal die heel beste gewees.

Hardus Botha

12 Gansbaaiers na Botswana

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant