Bus deur betonheining sonder bestuurder

Bus deur betonheining sonder bestuurder

Gansbaai Courant

Die skoolbus van Genadendal wat deur ‘n betonheining gebars het, sonder ‘n bestuurder en al luierende

‘n Skoolbus van Genadendal het op Dinsdag, 27 Augustus deur ‘n betonheining in Korporasiestraat gebars…al luierende en sonder ‘n bestuurder. Die bestuurder, Gert Mauries het oorkant Kekkel & Kraai stilgehou om inkopies te doen. “Ek het die bus se enjin laat luier, maar seker gemaak die handrem is stewig opgetrek,” het Gert agterna gesê. Toe hy uit die besigheidsentrum kom, was die bus skoonveld. Dit het rustig en sonder ‘n bestuurder met Korporasiestraat afbeweeg en op die hoek by Dirkie Uysstraat deur die heining van ‘n huis gebars en kort voor die voordeur tot stilstand gekom – met die enjin steeds al luierende en steeds sonder ‘n bestuurder. Gert se gesig was ‘n toonbeeld van verstomming toe hy deur omstanders gewys is waar sy bus is. Die woning word deur Jan Fourie, Vloerbestuurder van Gansbaai Superspar gehuur. Jan is tans met verlof en bevind hom iewers aan die Weskus. Die woning behoort aan Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye in Gansbaai hawe, wat onlangs groot skade gehad  het met sy stokvis-treiler, die St Croix, wat in die nuwe hawe deur erge stormweer en –wind losgeruk is en op die rotse beland het. Nou het ‘n bus sonder bestuurder deur sy betonheining gebars.
Hardus Botha
 

Bus deur betonheining sonder bestuurder

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant