Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Alwyn Swart Old Oak Rolbalklub en Ivan Giles President van Franskraal Rolbal

Die afgelope tyd was die weer nie gunstig om rolbal te speel nie, maar daar was gelukkig 'n redelike mooiweersdag op 24 Augustus 2013. Dit was die jaarlikse geleentheid waaraan ses spanne elk van Franskraal, Kleinmond en Old Oak (WP) klubs deelgeneem het.

Die toernooi is veronderstel om 'n vriendskap-like geleentheid te wees, maar daar is altyd maar 'n mate van wedywering onder die spelers – alles natuurlik in 'ngoeie gees soos dit rolbalspelers betaam. Dit dra ook by dat goeie rolbal gespeel word anders sal dit maar 'n saai affêre afgee.

Die dag het goed verloop en die nuwe President, Ivan Giles en sy span organiseerders het alles goed raakgevat.

Die borge vir die dag was Colour Box van Gansbaai en die prokureurs firma van Hermanus, Jooste en Semer, wie se bydraes die dag die moeite werd gemaak het. Old Oak kom ook nooit met leë hande nie en die bydraes wat hulle saamgebring het, is goed aangewend sodat almal darem iets ontvang het al was dit dan ook net 'n troosprysie.

Die wenners van die toernooi was Alwyn Swart en sy span van Old Oak. Tweede was Ivan Giles en span van Franskraal en derde, Hennie Hablutzel en span, ook van Old Oak. Die klub wat die algeheel beste gevaar het, was Old Oak met Franskraal tweede en Kleinmond, derde.

Daar lê 'n bedrywige seisoen voor op en sowel af van die perke waaroor later meer berig sal word.

Pieter Conradie


Vlnr  Alwyn Swart, Susie Swart, Schalk Kotze (Skip) en Etienne Malherbe van Old Oak Rolbalklub het die eerste prys ontvang.

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant