Galjoen op die strand

Galjoen op die strand

Gansbaai Courant

Ek het glad nie ‘n idee waarvandaan hierdie resep kom nie. Dis ‘n  los stukkie papier wat ek in ‘n laai gevind het en indien ek plagiaat pleeg, vra ek vroegtydig om verskoning. Ek kon die versoeking egter nie weerstaan nie en behalwe vir die resep as sulks is die manier waarop dit geskryf is, sommer net “lekker”.  Ek plaas die resep volledig en onveranderd, soos ek dit gevind het.

Galjoen op die strand

Maak ‘n gat van 60 cm in deursnee en 30cm diep in die sand. Maak ‘n vuur in die gat  --  ‘n grote, vir baie kole. Drink intussen ‘n goeie dop of twee. Draai die heel, skoongemaakte en gegeurde galjoen toe in veelvoudige lae nat bruinpapier.

Plaas die vis sonder om te vrees in die middel van die kole en bedek liggies met sand. Drink nog ‘n dop en ná 30 minute sal jy tot jou skok ‘n verbrande massa uit die gat haal.

Laat dit effens afkoel. Sny oop en trek die papier en vel van die vis af. Wat dan voor jou lê, is koningskos!

Wie dit ookal geskryf het, baie mooi!

Hier is ‘n paar gesegdes, wat baie interessant is:
‘n Sloer (paar bossies vis),
bordvol (klaar genoeg gevang),
kyk hoe galak is hy (geel in die gesig),
riemhou (teen die stroom hou),
moenie in my “chumline” gooi nie (jy vang in my lokstroom),
helikopter (knorhaan),
deckload (dekvrag),
twakkie (mooi-nooientjie),
wanty-wanty, tik-tak (enkel visse),
pak slae (in rowwe water beland),
outjol (haai),
loodskool (snoek byt net op die lood),
parrie (rog, pylstert),
PW (rooistompneus),
kortbroek (baber). 

Lekker lewe, Seemeeu

Galjoen op die strand

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant