Sea Stars netbal

Sea Stars netbal

Gansbaai Courant

‘n Deel van Sea Stars se netbalspan wat Maandagaand hard aan die oefen in sterk, koue wind was

 “Op 17 Augustus het ons daarin geslaag om Hawston se A- en B-spanne in gruwelike weer te klop,” vertel Bertruline Dickson van Sea Stars Netbalklub. Die A-span het met 27-16 gewen en die B-span met 22-14. Op 31 Augustus is die Sea Stars na Bredasdorp waar hulle die “gevaarlike” Happy Hearts Netbalklub vir hulle finale wedstryd aangedurf het. Daar het hulle ook geseëvier, met die A-span 29-10 en die B-span 12-11. “Ons liga-wedstryde is nou agter die rug en die top 4 gaan nou gespeel word, maar die datum sal later bekendgemaak word,” sê Bertruline. “Met 10 wedstryde, waarvan net een teen Kleinmond verloor is, bekleë ons nou die eerste plek.” Bertruline bedank graag die span se getroue ondersteuners en die talentvolle spelers, asook vir Wynand Plaatjies wat gereeld die span se “Taxi driver” is. Sy sê die spelers is nou deeglik gemotiveerd en “belowe om die beker in Gansbaai te hou!” Sea Stars is ook besig met fondsinsamelingsprojekte en voorbereiding vir die SA Weskustoernooi in Velddrif. “Die liga-wedstryde het die klub se finansies bietjie seergemaak en ons sal enige vorm van borgskappe opreg waardeer,” sê Bertruline. “In totaal benodig ons sowat R15,000, waarvan ons reeds sowat R10,000 met die samewerking van ons spelers ingesamel het.”

Belangstellendes word herinner aan die volgende fondsinsamelingsprojek, ‘n dans te Stanford op 27 September. Kostes van kaartjies beloop R50, waarby R30 vir vervoer ingesluit is.

Navrae kan aan Bertruline by 072-707-5687 gerig word.

Hardus Botha

Sea Stars netbal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant