Fees uitgestel

Fees uitgestel

Gansbaai Courant

Die jaarlikse Fees van die Ganse is weens omstandighede uitgestel en sal nie meer op 21 September aangebied word nie. Daar is op ‘n veel meer praktiese datum besluit: Saterdag, 7 Desember 2013. Vanjaar se feesdatum is uniek in die sin dat dit ook met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies op die voorafgaande Vrydagaand, 6 Desember (met Gansbaai munisipaliteit se goedkeuring), sal saamval. Enkele redes wat tot hierdie besluit bygedra het, is hoofsaaklik feeste in omliggende dorpe, soos die Walvisfees in Hermanus en die 150ste Kerklike feesvieringe van die NG-gemeente in Stanford. Meer besonderhede sal in volgende uitgawes van Gansbaai Courant geplaas word.

Kennis moet net van sekere items wat wél op Saterdag, 21 September gaan plaasvind, geneem word: (1) Die Fees van die Ganse se aanbieding van die immergewilde Groet die Grotman-vertoning om 20:00 in die Pretoriussaal. Kaartjiepryse beloop R100, R120 en R150. Vir besprekings en kaartjies kan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 geskakel word. (2) Herberg-aan-See se gewilde basaar wat om 10:00 geopen sal word, met vele pret, plesier en interessante “inkopies”. Francia van Dyk kan by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word. (3) Fees van die Ganse Gholfkompetisie. Navrae aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439. (4) Fees van die Ganse Varswater Hengelkompetisie vanaf 07:00 tot 14:30 te Lomond Wine Estate (Kraaibosdam), met vele pret, etes wynproe en musiek vir deelnemers en familielede.

Navrae aan Wayne Gabb by 028-388-0095 of 082-552-4124, of stuur ‘n e-pos aan hom by farm@biogrow.co.za. Voorts sal BARC se Natsnoetdag die daaropvolgende Dinsdag (Erfenisdag), 24 September plaasvind.

Baie pret en pryse wag daar op besoekers en Annalie Jonker van BARC kan by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Feesnavrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word. Onthou die nuwe datum vir die Fees van die Ganse: 7 Desember 2013.   
         
Hardus Botha

Fees uitgestel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant