Biblioteek gesluit

Biblioteek gesluit

Gansbaai Courant

‘n Deel van Gansbaai Biblioteek se knap personeel, met vlnr Zelda Fourie, Sharman Geldenhuys en Edna van der Linde

Kennis kan nou reeds geneem word dat Gansbaai Biblioteek vanaf Woensdag, 9 Oktober tot Vrydag, 11 Oktober gesluit sal wees. ‘n Voorradopname moet gedoen word en, ongeag moontlike ongerief vir lede, is dit ‘n noodsaaklike aksie wat nie tydens normale bedryfsure gedoen kan word nie. “Ons bied graag verskoning aan vir enige ongerief wat veroorsaak gaan word, maar die voorraadopname moet gedoen word,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris.

Intussen is die personeel steeds met groot vriendelikheid flink en bedrywig in die biblioteek, met Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase (nie teenwoordig tydens fotosessie nie) wat bankvas agter Sharman staan. Lede het geen rede tot kommer oor boetes vir laat-indienings as gevolg van die voorradopname nie. “Die datums op die stempels sal almal aangeskuif word en dit sal vir niemand nodig wees om boetes te betaal nie,” gee Sharman die versekering. “Dan nooi ek graag al ons ‘afgedwaalde skapies’ om weer te kom inloer vir lekkerlees Afrikaanse boeke wat beskikbaar is, asook dat lede hul kinders en kleinkinders sal aanmoedig om meer te lees en minder te internet.”

Gansbaai Biblioteek se bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30, ingesluit etenstye vir die gerief van werkendes.  

Hardus Botha

Biblioteek gesluit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant