Rommel Walvis

Rommel Walvis

Gansbaai Courant

Foto: Alouise Lynch : Dyer Island Conservation Trust (DICT)

“Ons gaan ‘n lewensgrootte draadwalvis in Gansbaai vol rommel maak en die walvis sal voor Gansbaai Toerisme geplaas word,” vertel Alouise Lynch, Operasionele Bestuurder: Dyer Island Conservation Trust (DICT). DICT beplan om die strande vanaf Die Plaat tot by Franskraal gedurende die week skoon te maak en dan eindig hulle met die projek op International Coastal Cleanup Day, 21 September. “As ons nie ons marienelewe beskerm nie, wie sal dit vir ons doen?” Alouise sê daar word jaarliks honderde duisende soogdiere, insluitend miljoene seevoëls, doodgemaak deur rommel in die oseane. “Dit is ons skuld, want sowat 80% van die rommel kom van die land af - van my en van jou, en spoel in ons see in…,” sê sy.

Die gemeenskap word uitgenooi om vanaf 16 tot 21 September te kom help om ‘n verskil aan hierdie toedrag van sake te maak. Kom help die beamptes van DICT om Gansbaai area se strande te gaan skoonmaak - elke dag, vir ‘n hele week lank. Hulle gaan alle plastiekrommel wat op die strande opgetel word, gebruik om die lewensgrootte draadwalvis vol te stop, wat dan voor Gansbaai Toerisme vir ‘n hele week geplaas gaan word vir mense om te sien wat alles van die strande afkomstig is.

“Ons hoop om die walvis teen die 21ste September volgepak te kry,” sê Alouise. Sy bedank graag alle ondersteuners, asook die volgende instansies vir hulle ondersteuning met die veldtog teen rommel: Volkswagen South Africa, Overstrand Munisipaliteit, Gansbaai Toerisme en die Eko-skole.

Kom doen jou deel en skakel die organiseerders by 082-907-5607 of stuur ‘n e-pos aan office@dict.org.za.

Hardus Botha

Rommel Walvis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant