Pret wag met Basaar

Pret wag met Basaar

Gansbaai Courant

Vlytige dames onder leiding van Alice Bredenkamp (links) is hier besig met die bak van sowat 430 pakkies klein koekies vir HaS se Basaar

Groot pret en vele te kope en te ete en te geniete wag tydens volgende week se Herberg-aan-See (HaS) se jaarlikse en gewilde basaar. Groot koeke, kleinkoekies, pasteie, koeksisters, tombola-, wit-olifant- en naaldwerktafels, konfyte en veel, veel meer as wat opgenoem kan word. Daar sal ook ander vermaak, asook kindervermaak, beskikbaar wees, onder andere Flip Otto se bekende treintjie wat op die Kerkgronde gaan rondry. Naas vele ander harde voorbereidingswerk en “gebak en gebrou” is verlede week dosyne pasteie voorberei, met dosyne kleinkoekies en koeksisters wat hierdie week gebak en gemaak is. Die Fees van die Ganse is welliswaar na 7 Desember verskuif, maar die basaar ten bate van HaS gaan volstoom aan op Saterdag, 21 September en sal om 10:00 geopen word. Moet dit nie misloop nie en moenie laat daar aankom nie, dan ís dit misgeloop!

Basaarnavrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word.

Hardus Botha

Pret wag met Basaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant