Academia se Gholfdag

Academia se Gholfdag

Gansbaai Courant

Daar is nog net 'n paar afslaantye oop vir Gansbaai Academia se gholfdag wat op 14 September gehou word. Die hoofborg van die dag is Goose Bay Paints en die doel van die Gholfdag is om fondse vir die skool te genereer.

“Sedert verlede week is verskeie nuwe donasies vir pryse ontvang, wat onder ander uiteet-bewyse by ons plaaslike restaurante insluit,” vertel Ernst Nieuwoudt, Voorsitter van Gansbaai Academia Skoolbeheerliggaam. “Moet dus nie die gulde geleentheid vir goeie pryse misloop nie, kom skryf nou in om deel te neem.” Ernst sê alle lede van die publiek is ook welkom om ‘n ontbyt vanaf 08:30 tot 11:00 in die ontspanningssaal van Gansbaai Gholfklub te kom nuttig.

“Die ontbyt is uitstekende waarde teen slegs R35 per persoon en sluit 2 eiers, spek, varkworsie, beeswors en 2 snye roosterbrood in,” sê hy. “Voorts sal diegene wat die ontbyt ondersteun, outomaties in aanmerking kom vir ‘n geskenkbewys ter waarde van ongeveer R500 vir 'n ‘vol valet’ karwas by die donateur Carwash@gansbaai.”

Om teleurstelling te voorkom, kan ontbytkaartjies vooraf by Gansbaai Academia gekoop word, of skakel die skoolkantoor by 028-384-2370 of vir Helene Segal by 082-894-1651.

Academia se Gholfdag

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant