Pistool na Menseroof gevind

Pistool na Menseroof gevind

Gansbaai Courant

Drie mans van die Kaapse Metropool is Maandagoggend in Eluxolweni, Pearly Beach, gearresteer in twee moontlik perlemoenverwante sake wat met mekaar verband hou.
In die eerste voorval het twee mans 'n inwoner by die informele nedersetting uit sy plakkershut ontvoer en na 'n ander hut gedwing. Hulle het hom daar met 'n byl, mes en bofbalkolf vanaf 20:40 tot die volgende oggend om 04:10 aangehou. Hulle het moontlik inligting van hom probeer bekom en is ook vort met R360 kontant.


 Yanga Lenyana, Bafana Qunta en Sifiso Howvza


Die polisie het ook inligting ontvang van 'n derde verdagte wat in dieselfde omgewing met 'n pistool rondloop. Hulle het ondersoek ingestel en Yanga Lenyana is deur 'n polisie-patrollie Maandag om 07:40 op straat gekry. Hy het 'n 9mm pistool met magasyn en drie rondtes in sy besit gehad.
Die polisie het vasgestel dat dié wapen in 1998 in Honeydew, Johannesburg, gesteel is. Die moontlikheid dat Lenyana en die twee rowers, Bafana Qunta en Sifiso Howvza, met mekaar verband hou, word verder ondersoek.                                       
Francois de Jongh

 

Pistool na Menseroof gevind

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant