Gansbaai se Geskiedenis vir Nageslag Verlore

 Gansbaai se Geskiedenis vir Nageslag Verlore

Gansbaai Courant

Dit blyk dat die vaslegging van die ryke geskiedenis van Gansbaai en sy mense in 'n netjiese gedenkbundel vir die nageslag verlore mag wees. Dit volg nadat daar nie voldoende fondse ingesamel kon word om die manuskrip die lig te laat sien nie. 
Sowat drie jaar gelede het ‘n klein groepie belangstellendes die behoefte identifiseer vir ‘n gedenkboek oor Gansbaai en sy mense.  Dit nadat hulle bewus geword het van die waardevolle materiaal wat vir dié doel in besit van SD Fourie en haar man Jan, was.  Dit het hulle onder die besef gebring dat hierdie ryke geskiedenis vir die nageslag behoue MOET bly.  SD, as gevierde skrywer, was ook die ideale persoon om by die skryf daarvan te betrek.  ‘n Loodskomitee is gestig en daar is dadelik aan die werk gespring om fondse in te samel.  Die fondse kon by wyse van ‘n skenking, ‘n lening of bestelling van ‘n boek ingesamel word.  Alle oudleerlinge van die plaaslike laerskool wat op hul databasis geregistreer is, is onder andere gekontak.  Talle berigte is in die plaaslike Courant gepubliseer en ‘n funksie is gehou waar die gedagte vir ‘n boek en sommige van die gepaardgaande brondokumente bekendgestel is. 
In die proses is ongeveer R45000 ingesamel en in trust gehou deur Guthrie en Theron prokureurs.  Sommige van die skenkings is afkomstig van belangstellendes wat nie eers in Gansbaai woonagtig is nie.  Pogings is ook aangewend om finansiële ondersteuning van die L W Hiemstra Trust, asook by die Rupert Stigting te bekom.  'n Bedrag van R35000 is deur die Hiemstra Trust belowe wat betaalbaar is by die voltooiing van die manuskrip.  Die Rupert Stigting het egter aangedui dat hulle nie met die finansiering van die projek behulpsaam kan wees nie.  Hierdie omstandighede veroorsaak egter dat daar steeds ‘n tekort van R100 000 bestaan om die manuskrip te voltooi.   Die totale projekkoste is geraam op R250 000.
Omdat daar ná meer as drie jaar steeds nie voldoende fondse is nie (selfs nie eers 'n aanbod vir 'n rentevrye lening nie), het die komitee besluit om die projek te laat vaar en om die bedrag wat deur skenkings en bestellings ingesamel is, aan die einde van Oktober vanjaar terug te betaal.  
Die komitee wil graag diegene wat saam met ons die noodsaaklikheid van so ‘n gedenkboek raakgesien het en fondse geskenk het of bestellings vir boeke geplaas het, hartlik bedank.  Dankie vir die ondersteuning en vertroue wat julle in ons gestel het in ons poging om aan elkeen wat ná julle kom, waardevolle en interessante geskiedenis van Gansbaai te voorsien.
Dit is werklik jammer dat nie meer van ons ou inwoners, wat op die een of ander wyse deel van die geskiedenis was, die geleentheid benut het om iets vir die nageslag na te laat nie. 

Pieter Scholtz (Sameroeper); Kat Myburgh; Francois de Jongh; Ben Gericke; Glenda Kitley; Christo Wessels en Herman Fourie

 Gansbaai se Geskiedenis vir Nageslag Verlore

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant