VGK Vrouediens Blompark Nuus

VGK Vrouediens Blompark Nuus

Gansbaai Courant

Vlnr: Eva Fisher Mona Julies Elizabeth Kondokter

Op Sondag 15de September het VGK Vrouediens weer bymekaar gekom. Die klompie vroue kom gereeld bymekaar en het op hierdie Sondag angstig gesit en wag vir twee verteenwoordigers van Gansbaai VLV om hulle gebak te kom be-oordeel. Hulle het in 3 Spanne opgedeel, en almal in die span het bygedra tot die bestanddele vir die koek, 'n besonderse een.

Die  besonderse koek se naam is 'n Bybelse Koek, en is glo in die bybel se tyd gebak. 'n Suurdeeg Koek, vol heerlike vrugte, met 'n bo-laag van gekookte vye.

Annatjie Liebenberg en Rienie Lüdick het die voorreg gehad om die koeke te be-oordeel, heerlik geproe daaraan, deeglik bestuurdeer, en die beste een uitgekies.
1ste was Elizabeth Kondokter , 2de Mona Julies, en 3de Eva Fisher. Die vergadering is toe afgesluit met die bediening van tee.

Hierdie is Annatjie en Rienie se tweede besoek aan VGK Vrouediens. Vroeër in die jaar het hulle die dames gaan wys om slaapsakke uit koerantpapier en plastiese sakke te maak. Die dames het ywerig deelgeneem en die klaar gemaakte slaapsakke is later uitgedeel aan behoeftiges. Hierdie is 'n projek wat deur Vroue Landbou Vereniging Kaapland (VLVK) van stapel gestuur is verlede jaar.

Dit is 'n op en wakker Vrouediens, en dit was 'n voorreg om hulle weer te besoek.

Rienie Lüdick 

VGK Vrouediens Blompark Nuus

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant