Eienaardige vis

Eienaardige vis

Gansbaai Courant

Die “eienaardige” vis, vermoedelik ‘n  diepsee blaasop wat by Franskraal gevind is

Die “eienaardige” vis op die meegaande foto is onlangs tussen die bamboes naby Sammie se Paadjie by Franskraal deur Cassie Carstens gekry. Dit het uitgespoel, maar was nog lewend gewees. Helmie de Vries van Franskraal het die foto’s vir identifikasie aan Gansbaai Courant gestuur, wat dit aan Phillip Fourie gestuur het. “Die naaste wat ek aan identifikasie kan kom, is dat die vis die diepsee blaasop is,” het Phillip laat weet en gesê die Engelse naam is ‘n Oceanic Blaasop en die wetenskaplike naam is Lagophalus lagophalus. “Die vis kom algemeen in warmer water vanaf Walvisbaai tot Beira voor, maar is ook al verder Suid by Port Elizabeth en Knysna gevind.” Phillip het gesê die vis kan tot 60cm groot word, maar die algemeenste is so om en by 38cm tot 40cm. Dit is duidelik dat die vis met die onlangse storms ver van sy koers af gedwing is. “Die tonne bamboes wat by Franskraal uitgespoel lê, is ‘n goeie aanduiding van hoe sterk die see werklik was.” Blaasop visse is baie giftig en dit word vermoed dat ‘n hele familie wat in Port Elizabeth van vergiftiging gesterf het nadat hulle hierdie spesifieke diepsee blaasop geëet het.

Vir verdere verwysing kan Plaat 143 (Nr 268.21) en bladsy 901 van Smiths' Sea Fishes van Margaret M Smith en Phillip C Heemstra geraadpleeg word. Cassie het ‘n vorige keer ook ‘n “vreemde” vis in dieselfde omgewing vroegoggend raakgeloop, wat ook deur Phillip Fourie vir Gansbaai Courant geïdentifiseer is as ‘n Ruwe Snellervis (Rough Triggerfish), met die wetenskaplike naam Canthidermis Maculatus. Dit wil voorkom asof Cassie op vele interessanthede afkom met sy vroeë-oggend wandelinge langs Franskraal se kuslyn.

Hardus Botha

Eienaardige vis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant