Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Wilfred Chivell saam met Janine Basson, Bestuurder: SASSI
Janine Basson was die gasspreker tydens ‘n interessante Mariene-aand van Dyer Island Conervation Trust (DICT) in die Great White House restaurant. Janine is die Bestuurder van Sea Food Consumer Outreach (WWF-SASSI). Haar aanbieding het gehandel oor die benutting van seekosse in die kleinhandel en restaurante, gepaardgaande met die bewaring van bedreigde visspesies.
Sy het ook ‘n Sakgids bekendgestel waarin aangedui word of spesifieke seekosse -visse gekoop moet word of terwille van bewaring vermy moet word. Kleur-aanduidings in die Sakgids, insluitend die name van seekosse en visspesies, lui soos volg: Groen vir “beste keuse”, Oranje vir “dink tweekeer voordat dit gekoop of bestel word” en Rooi om aan te dui dat dit in geheel vermy moet word. “Verbruikers kan hierdie program van SASSI ondersteun deur ag te slaan op wat gekoop word, selfs tot by die Vissery wat dit gevang het, deur te let op die MSC embleem, www.msc.org,” het Janine gesê.
“Die mariene ekosisteme verkeer tans onder geweldige druk en met die aankoop van vis en seekos, met daar altyd gevra word wat is dit, waar kom dit vandaan en hoe is dit gevang of daarmee geboer?” Sy het ook SASSI se resepteboek vir aanbevole seekosse en visspesies bekendgestel, Sustainable cooking for the Seafood Connoisseur, wat deur SASSI se kampioenkok, Peter Coffe-Wood, saamgestel is.
SASSI se webtuiste, www.wwf.org.za/sassi, word gereeld opdateer na gelang van seekosse en visspesies wat van Groen na Oranje na Rooi oorgaan. ‘n Sms met die visnaam kan vanuit ‘n restaurant of vanaf ‘n handelaar aan 079-499-8795 gestuur word. Die sender sal dadelik per kerende sms in kennis gestel word of dit Groen, Oranje of Rooi is.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...