50ste Herdenking vir Elim Tehuis

50ste Herdenking vir Elim Tehuis

Gansbaai Courant

Die bekende Elim Tehuis vir intellektueel- en liggaamlik gestremde persone. Foto: Elim Home Jaarverslag 2012/2013

Die bekende Elim Tehuis vir intellektueel- en liggaamlik gestremde persone te Elim vier vanjaar hul 50ste herdenking. Dit is sonder twyfel ‘n groot gebeurtenis wat nie misgeloop moet word nie. Die vol program begin reeds op Vrydag, 11 Oktober en duur voort tot Sondag, 13 Oktober. Vrydagaand om 21:30 word daar met ‘n straatoptog vanaf Annex onder musiekbegeleiding begin, op pad na die Morawiese Kerk Elim, waar sprekers, musiek en verversings op die optoggangers wag.

Audrey Ludoph, Andrew Arends en Joanne Swart

Om 23:30 sal ‘n Middernagdiens gehou word. Saterdag om 08:30 is daar weer ‘n straatoptog met motorfietsryers, trompoppies en veel meer en om 10:00 vind die amptelike opening en verwelkoming plaas. Daarna wag net pret op die besoekers: plaaslike Idols, die gewilde Marimba Band, dansers, perdry, gesigverf vir die kinders, musiek en veel meer om net voluit te geniet. Daar sal genoeg stalletjies wees met ‘n verskeidenheid van items wat gekoop kan word, ‘n verskeidenheid van smaaklike en ook interessante disse, asook ‘n braai en potjiekos. Sondagoggend is daar weer ‘n straatoptog vanaf Elim Tehuis na die Kerk, waar ‘n Dankseggingsdiens om 10:00 gehou sal word. Die feestelikhede te Elim duur daarna vir die res van die dag voort. Toegangsgelde beloop ‘n skrale R20 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Navrae kan aan 028-482-1988/1876 gerig word, of stuur ‘n epos aan elimhome@zsd.co.za.

Hardus Botha

50ste Herdenking vir Elim Tehuis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant