Winter Gashuku (Grading Camp)
We had our Winter Gashuku (Grading Camp) this past weekend, where students underwent intense training.
Elf karatestudente van die Goju Ryu Karateklas in Gansbaai het gedurende die naweek van 10 - 12 Desember 2021 hulle Gashuku 2021 opgraderingsnaweek gehad. Die jaarlikse naweekkamp vir die opgradering-seremonie het n gewilde instelling geword. Vanjaar het hulle in die pragtige en natuurskoon Witvoetskloof (grootbos) gekamp.
Vrydag en Saterdag word daar gewoonlik vir oulaas geoefen, maar die studente het genoeg tyd vir lekker ontspan en speletjies speel. Yusuf Meyer (swartgordel), die karateklas se Sensei (afrigter) het sy vriend, Walied Dolan, ook n swartgordel, saamgenooi. Die twee swartgordel-vriende het leersame tegnieke op die vlak van swartgordels aan die studente gedemonstreer.
Die klub se karate-studente (alfabeties) is soos volg na die volgende vlakke / gordels opgradeer: Amber Hanekom (geelgordel), Anita Vermeulen (2de vlak, persgordel), Benita Franke (geelgordel), Chloe Williams (geelgordel), Cohen Jood (2de vlak, bruingordel), Darius Vermeulen (3de vlak, witgordel), Emma Coutts (geelgordel), Ethan Simpson (2de vlak, groengordel), Jonathan Hanekom (4de vlak, witgordel), Lohan Louw (2de vlak, witgordel), Ty Williams (4de vlak, witgordel), Workneh Tilahun (geelgordel).
"Dit was weer eens n heerlike naweek vir my studente en die idee om van ons opgraderingsessies aan die einde van elke jaar n naweekkamp te maak, sal beslis n instelling bly," se Yusuf. Gans-Berg Nuus wens graag hierdie studente geluk met hulle prestasies waarop hulle net trots kan wees!
Goju Ryu Karateklas se klasse het 10 Januarie 2022 begin en belangstellendes kan Yusuf Meyer kontak vir meer besonderhede.
Goju Ryu Karate Gansbaai is a local karate club offering karate classes and self-defence training for children and adults of all ages and levels of experience. Sensei Yusuf Meyer wears his Shodan with pride and follows the Goju Ryu’s ‘Dojo Kun’ closely. Karate classes are small and manageable ...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreWe had our Winter Gashuku (Grading Camp) this past weekend, where students underwent intense training.
Sensei Yusef organised a demonstration of Karate Doja in Masakhane.
We would like to inform you of our last Gashuku (grading camp) of the year. We have all had a stressful year and the end is in sight!
The Goju Ryu Karate Gansbaai students recently enjoyed a karate camp at Panorama on the weekend of the 18th to the 20th of June 2021.