Hearty Breakfasts at The Great White House R...
The best way to start your day is to have a hearty breakfast with a friend or family member at The Great White House in Kleinbaai!
n Heerlike aand van musiek, liriek, wyn en Canapese saam met die Afrikaanse musiek legende Jannie du Toit en sy orkes.
Jannie het die afgelope paar jaar hoofsaaklik musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree gesing, maar hy wou weer op sy eerste liefde en passie fokus - om sy eie Afrikaanse liedjies te skryf. Die resultaat hiervan is OESJAAR 2018 - al die liedjies uit sy pen en ook ’n “konsert” met dieselfde titel. Jannie sing oor sy musiekloopbaan: die wingerd wat hy persent gekry het, die musieklegende Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om te skep en te sing. Ons soek ’n tata is opgedra aan een van sy grootste helde, Madiba en liedjies soos Skilder van die wolke en Lig en donker is egte credo’s waarin hy sy siel ontbloot. Jannie het ook ’n liefdeslied geskryf vir sy vrou Therina, met wie hy in 2018 getroud is: “Jy kyk sag”
OESJAAR 2018: 'n Nuwe album en verhoogproduksie deur Jannie du Toit
Met musiekstyle en-tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan.
Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus - naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR 2018 - al die liedjies uit Jannie se pen en saam daarmee ’n verhoogproduksie met dieselfde titel.
Die liedjies op die nuwe album bevat wyd uiteenlopende temas: Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede musieklegende Christa Steyn met wie Jannie vir 25 jaar saamgewerk het. Hy sing verder oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ‘n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie. Die lied ‘Ons soek ’n tata’ is opgedra aan Madiba en in die titelsnit ‘Oesjaar’ gebruik hy ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan. Jannie het ook ’n liefdeslied vir die album geskryf, opgedra aan sy vrou Therina met wie hy in Junie 2018 getroud is. Hierdie snit is ook reeds middel Oktober as enkelsnit uitgereik.
Een van die bonussnitte op die album is Jannie se immergroen treffer ’n LIEDJIE VIR JOU – wat hy presies 40 jaar gelede geskryf het – waarvoor Karen Zoid ’n rock-baadjie aangetrek het. Sy het dit saam met hom opgeneem op haar program Republiek van Zoid Afrika.
Die verhoogproduksie bevat al die liedjies op die album. Die verwerkings is gedoen deur Clinton Zerf.
KUNSTENAARS
The Great White House Restaurant offers diners a mouthwatering selection of wholesome cooking. The resident chef uses only the freshest and finest produce sourced from the surrounding area, which includes the restaurant’s very own vegetable garden and delicately prepared kelp toppings. While The G...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe best way to start your day is to have a hearty breakfast with a friend or family member at The Great White House in Kleinbaai!
Refreshing healthy salads for those warm days. Here are some of our refreshing salads.
Come and make a memory...
Enjoy high quality, locally sourced food and one of our many fine wines beneath a real Southern Right Whale skeleton.
Moenie vergeet van ons vars roosterkoeke vandag van 10h30 tot 14h00 nie.
Treat yourself to something delicious and healthy at the Great White House Restaurant.