In die dag van benoudheid

In die dag van benoudheid

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: Psalm 50
Teks: Psalm 50: 15: “en roep My aan in die dag van benoudheid …”.
(Eng. vertaling: “and call upon Me in the day of peril …” )

“en roep My aan in die dag van benoudheid …”.

Geliefde gemeente,
Die bekende prediker uit die geskiedenis, Charles Spurgeon, skryf in sy aantekeninge by hierdie teks – as sy eerste woorde daaroor, die volgende neer: “O, blessed verse!”. (O, salige vers!).
Hy maak die opmerking dat wanneer ‘n mens met geopende ore daarna luister, sal jy hoor hoe vol evangelie hierdie teks is – ja, hierdie Ou Testementiese Psalmteks: hoe vol evangelie dit is. Hy skryf: luister goed na die woorde van hierdie teks – “dit is woorde wat kom van die troon, woorde op die lippe van God, die grote God in die hemel - en hoor hoe vol van barmhartigheid hierdie woorde is … hoor die hart agter hierdie woorde, die barmhartige Goddelike hart:  “Hear the voice from the throne – how full of mercy it is!”. Vra Spurgeon: wie het gesê die heiliges van die Ou Testament het nie die evangelie geken nie?

“O, blessed verse!”
“roep My aan in die dag van benoudheid …”;

Hoor/ verneem die barmhartige uitnodiging wat in hierdie woorde van God opgesluit is.

‘n Ander teoloog skryf oor hierdie vers dat  dit een van daardie geliefde verse in die Ou Testament is; en: dat vir baie gelowige mense deur die eeue, hierdie vers - soos ‘n lampie doen - lig gebring het in hulle donker.

Merkwaardig praat hy van gelowiges as “die armes van gees”; is dit sy definisie van gelowiges – soos Jesus hulle in die Nuwe Testement noem: “die armes van gees”.
Sê: gelowiges as dié mense (in onderskeiding van ander mense) wat “weet hoe afhanklik hulle van God is” – ja; vir húlle het hierdie geliefde Ou Tesamentiese versie deur die eeue al (soos ‘n lampie doen) lig gebring in hulle donker.
Sê: vir hulle wat oor hulleself weet welke armoedige, brose, hulpelose skepsels hulle is; en:
vir hulle wat weet dat die lewe ‘n mens in situasies kan bring waar jy niks anders het om op te hoop nie, niks anders het om op te vertrou nie, niks anders het om mee te wag nie, as net God, God alleen.

En dan skryf hy oor gebed: oor die aangrypende uitnodiging tot gebed in die woorde van ons teks. 
Gebed - gebed as kniel-voor-God, gebed klein-word en as klein-wees-voor-God, gebed as leë-hande-uitsteek na God, gebed as vlug-na-God, gebed as roep-na-God …: die  hulpgeroep na God wat kom van ‘n armoedige, brose, hulpelose mens – wat niks anders het om op te hoop nie, niks anders het om op te vertrou nie, as God.

Hy skryf oor die gedagte van “die dag van benoudheid” waaroor ons teks praat: hierdie benoudheid wat dui op ‘n lewenservaring op ‘n plek, ‘n tyd, in die lewe waar iemand deur groot teenspoed getref word; in groot nood kom; groot lyding beleef – die ervaring van vasgekeer wees; magteloos te wees, hulpeloos te wees; en die belewenis van oorweldigende angs, vrees, kommer wat daarmee kom. Hy wys daarop dat hierdie woord “benoud” letterlik die betekenis het van ‘n bors wat toetrek; ‘n keel wat toetrek; dat dit letterlik die betekenis het van “om nie asem te kry nie”. ja, soos iemand wat versmoor, of iemand wat verdrink.  

En: in sulke tye, op sulke plekke in hulle lewens, het baie gelowiges dan deur die eeue hierdie vers gevind as ‘n lampie wat vir hulle lig in hulle donker gegee het.     

“Roep My aan in die dag van benoudheid”
“O, blessed verse!”

Lig in my donker!

Bedink: die wonderlike belofte wat in die vers opgesluit lê – ‘n wonderlike belofte wat ingebed is in ‘n wonderlike teologie:
Die belofte dat God hoor as ons na Hom roep – ja, so ‘n God is Hy!
As ons daar vanaf ons knieë na Hom roep; daar vanaf ons knieë met ons leë uitgestrekte hande na Hom roep; as ons daar op ons knieë na Hom toe vlug met ons hulpgeroep …: die belofte dat God sal help.     

(lees by ons teks: die versameling van Psalmtekste – o.a 
Ps. 116
Ps. 18
Ps. 91)

Geliefde gemeente, ons teks kom vanoggend na ons toe teen die agtergrond van hierdie vraag: Voor ons lê daar hierdie nuwe jaar – wat hou hierdie jaar vir ons in?  Wat gaan hierdie jaar vir ons bring?  

Afsluiting:
Ek onthou -   uit my kinderjare: ‘n dominee wat gepreek het oor ons teks …

God het ‘n telefoonnommer …

Die preek is in twee dele …
Eerste deel:
oor die misbruik van gebed …
goedkoop maak van gebed . . . 
bespotting maak van gebed …
die “Godvergeter(s)”
hulle ken nooit vir God nie, behalwe in tye van nood … dag van benoudheid … dan ken hulle vir God en roep hulle na God …
God is ‘n nul in hulle lewens …  hulle leef ‘n godelose lewe .. todat: die dag van benoudheid kom …

Die Dominee: hoe Psalm 50 ‘n oordeel oor die Godvergeter uitspreek …

Tweede deel van die preek: oor die kosbaarheid van gebed; oor gebed as ‘n geskenk …
Vir die godvresende
“God het ‘n telefoonnommer” (5015)
En: “God is net so ver – as wat my knieë van die grond af is … “.

“roep My aan in die dag van benoudheid”


Slot: Charles Spurgeon - daar is geen groter, beter, hoër, reiner offer as die offer van gebed nie … (“the sacrifice of prayer”): as die roep-na-God- uit-my-benoudheid-gebed nie; 
Van al die offers wat ons vir God kan offer, is hierdie die offer wat die meeste eer aan God bring … 
Want sien: so ‘n gebed bevestig vertroue in God (“trust in God”)
(definisie van geloof:  om my hand op te steek “O God, ek is hulpeloos – help my!”
En sien: so ‘n gebed bevestig ook my liefde … my verbondenheid …
Spurgeon: “for in hour of peril we fly to those we love!”


 

In die dag van benoudheid

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai