Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
* Bid vir ‘n persoonlike verbintenis van elke lidmaat aan ons gemeentevisie: NG Gemeente Gansbaai - ‘n Hawe van God se genade.” En, dat gemeentelede die doelstellings hul eie sal maak. Bid veral vir die groei in die “omgee-gesindheid” waarna so baie lidmate smag.
* Bid vir meelewing en bywoning van eredienste, gesinsdienste, huiskerk deur gemeentelede (en besoekers) en die bediening van die Woord met wyksbyeenkomste, Bybelstudiegroepe, ens.
* Bid vir ons leraars, ouderlinge en diakens: vir motivering in hulle dienswerk en die ondersteuning van hulle wykslede.
* Bid vir die jeug, die kategese, kinderkrans én vir die gemeentelede wat betrokke is by die bediening van die jongmense/kinders in ons gemeente.
* Bid vir die Sending en Uitreik-diensgroepe en ook vir seën met die onderskeie diensgroepe van die Diens van Barmhartigheid; vir al die koninkrykswerk wat deur die manne en vroue verrig word.
* Bid vir die Vrouediens en die projekte wat hulle beplan en aanpak.
* Bid vir die amptenare en vir die Bedieninge wat die gemeente se finansies en ander administratiewe take hanteer.
En laat ons die Here dank vir die voorreg om lidmaat van die kerk te wees.
“Satan lag oor ons geswoeg en hy spot met ons wysheid, maar hy bewe van vrees wanneer ons BID.”
-- Chadwick
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.