Adventstyd 2012

Adventstyd 2012

NG Kerk Gansbaai

 

Adventstyd is ryp tyd, vol tyd, dun tyd. Dit is swanger tyd. ‘n Tyd vol smag en verwagting. Advent beteken letterlik “koms” en die vier Sondae voor Kersfees is die tyd in die liturgiese jaar wat ons tyd kry om te verlang na die koms van Christus. Soos Maria, en enige ander vrou in haar laaste maand van swangerskap, is dit ‘n tyd van ongeduldige wag en vervulling.

In die kerkjaar is die laaste sondag van die Koninkrykstyd die Sondag van Christus die Koning, die Een wat ons verwag. Die Een  wat ons verwag is ook die Een wat gekom het. Daarom dui Advent op twee komste. Ons word herinner aan die geboorte van ons Verlosser, maar verlang dat ons Verlosser weer sal kom  en alles sal kom vervul.

Daarom is dit “dun tyd”. Daar is ‘n afwagting in die lug. Maar hoe vul hierdie afwagting? Ons hoef nie ver te soek nie: Ons reël ons vakansie, maak die koekblikke vol, koop die geskenke aan, voel deel van ‘n groter iets. Maar die “dunheid” van die tyd maak ons ook weerloos. Ons is meer bewus van ons finansiële tekorte, van familie-konflik, van onvergenoegdheid, ons wegvlug van baie dinge.

Miskien kan rituele ons help om vas te hou aan die Christus van Kersfees, die enigste Een wat die leegheid van hierdie tyd kan vul. Maak hierdie jaar vir jou ‘n Adventskrans. Plaas ‘n wit kers in die middel, die Christuskers wat Kersfees aangesteek kan word. Rondom plaas jy vier kerse, drie daarvan purper of donkerblou en een rooskleurig. Die rooskleurige een word met die derde Sondag aangesteek.

Nooi jouself uit om ook anders te wag dié Desembermaand. Sien die ry in die Spar, poskantoor of in die verkeer as inoefening op die wag op die Here. Die wag wat nie net in Advent ons lewe moet kenmerk nie. Kom ons wag sodat ons werklik kan feesvier wanneer die tyd aanbreek.

Lied 320 sing so mooi (strofe 2):
”O kom, o kom, o Môrester, ons sien alreeds u lig van ver.

Verdryf  die newels van die nag, laat skyn u helder lig met prag.

Wees bly, wees bly, o Israel – Hy is naby, Immanuel”

Adventstyd 2012

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai