Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
In die Johannes-evangelie word ons bekend gestel aan die verkiesende God. In die Johannes-evangelie vind ons hierdie merkwaardige versameling tekste wat verkondig dat God – let wel: die God wat ons in Jesus ontmoet – die verkiesende God is.
Die bekendste teks in hierdie versameling is waarskynlik Jesus se woorde in Joh 15 waar ons lees (vers 16): Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies…
Ook die volgende tekste lê in die versameling: Dink aan Jesus se bekende woorde in Joh 3 in die verhaal van die Fariseër Nikodemus wat by Jesus moes verneem: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie, en : Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom of waarheen hy gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is. Ook Jesus se bekende woorde in Joh 6: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat my gestuur het, hom nie na My trek nie .. .; Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom. . . ; ook die bekende woorde in Joh 1: Die mense het Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulleis dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar God is hulle Vader.
In ons geloofstradisie(Ons in die NG Kerk is Christene in die Gereformeerde geloofstradisie) is die saak van die verkiesende God ‘n kernsaak. In ons geloofstradisie is die Leerstuk van die Uitverkiesing grondliggend vir ons kennis van God en vir ons verstaan van wat dit beteken om ‘n christengelowige te wees. In ons geloofstradisie vind ons ten diepste ons identiteit as christengelowiges in ons belydenis dat ons uitverkorenes van God is – uitverkorenes van die verkiesende God is.
In Oktobermaand elke jaar, op die laaste Sondag van die maand, vier ons ons geloofstradisie met Hervormingssondag. In ons vieringe dank ons God vir die voorreg wat ons het om die evangelie van Jesus Christus te mag ken.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.