Tussen gister en die volgende dag.

Tussen gister en die volgende dag.

NG Kerk Gansbaai

Tussen die ou jaar en die nuwe jaar leef herinneringe en wonders. Ons onthou die jaar se gebeure wat ons lewens gevul het  met oomblikke van vreugde, blydskap, ekstase en betekenis. Jy onthou die geboorte en doop van jou kind/kleinkind. Jy onthou die wonderlike gesinsvakansies. Jy onthou die kuiers saam met goeie vriende. Jy onthou die oomblik van versoening en vergifnis, van stukkende verhoudings wat heel geword het. Jy vind nou nog vreugde in die verhale waar geregtigheid geskied het. Waar liefde geseëvier het. Ons onthou gebeure wat ons lewens gevul het met hartseer, verdriet, pyn, bekommernis en diepe verlange. Ons onthou ons geliefdes vir wie die uurglas leeggeloop het. Jy onthou hoe vervreemding kom staan het tussen jou en jou huweliksmaat. Die vernedering van afdanking vul jou nou nog met woede en seer. Die verhuising van jou kinders na die vreemde het verlange jou metgesel gemaak.

Ons wonder ook. Ons wonder wat die dag van more alles sal inhou. Wat hou die nuwe jaar vir ons en ons geliefdes in? Sal alles maar weer vasgevang wees in die ritme van herhaling? Ons wonder of die komende jaar ook so haastig gaan wees soos die vorige. Ons wonder of ons die komende jaar ons kinders en kleinkinders meer gaan sien. Ons wonder of die ekonomie en politiek beter gaan vaar in die komende jaar. Ons wonder of ons die komende jaar beter sal var in liefhê, in die gee van geduld, vergifnis en omgee.

Tussen gister en more vind ons oriëntasie. In Latyn beteken die woord oriëntasie om jou te rig na die ooste, na die opkomende son. Vir die Latynse Christendom het dit beteken om na Jerusalem te kyk, na die tyd en plek van die Jesus-gebeure. Vir hierdie Christene is Jesus self die opkomende son van God se geregtigheid. In die Lig van hierdie Jesus het hierdie gelowiges ontdek wie hulle is en waarheen hulle op pad is.

Tussen die ou en nuwe jaar oriënteer gelowiges hulleself deur hulle geloofsoë op Christus te vestig (Hebr 12:2). Dan ontdek ons die Lig van Christus wat oor ons verlede en oor ons wonders oor môre val. In die Lig van Christus ontvang ons geloof, hoop en liefde.

Tussen gister en die volgende dag.

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai