Versoening. . . . .

Versoening. . . . .

NG Kerk Gansbaai

Vir my het versoening te doen met verhoudinge. Teologies gesproke gaan dit in die eerste plek om die verhouding tussen God en mense. In Christus word die gebroke verhouding herstel: tussen God en mense vind daar versoening plaas. Maar die God-en mens-verhouding staan nooit los van die mens-tot-mens-verhouding nie. Laasgenoemde word opgeneem in eersgenoemde. Die twee kan nie van mekaar geskei word nie. Daar is pragtige gedeeltes in die Bybel in hierdie verband, waarvan Efesiërs 2:1-11 een van die mooiste voorbeelde is.

Die sigbare effek van die versoening tussen God en die mens is gevolglik die bestaan van die Kerk as ‘n versoende gemeenskap van mense. En aan hierdie kerk is die boodskap van versoening toevertrou. Die kerk verkondig hierdie versoening en rig ‘n uitnodiging aan die wêreld om hulle met God en mekaar te versoen.

Die vaste fondament van hierdie boodskap is die heil wat deur Christus bewerk is deur sy oorwinning oor die sonde, die haat en die vyandskap. In Christus het daar nuwe hoop gekom. Dit is nie die sonde en haat en die vyandskap wat die laaste woord hoef te spreek nie, maar versoening en vrede. Deur Christus het dit nou moontlik geword.

Hiervan getuig die kerk. En moet die kerk, as dit nodig blyk te wees, sy profetiese stem laat hoor as dit blyk dat onversoenlikheid eintlik die laaste woord wil spreek. Jare terug was daar ‘n groep predikante wat van hierdie versoening wou getuig en hulle het ‘n brief in die koerante laat plaas. Die volgende aanhaling daaruit is sprekend van hierdie taak van die kerk: Die kerk sal altyd getuig dat geen samelewingsordening van die fundamentele onversoenbaarheid van mense en mensegroepe mag uitgaan en ‘n samelewingsbestel op so ‘n uitgangspunt mag baseer nie. So ‘n uitgangspunt staan direk teenoor  die kerk se boodskap van versoening. Dit ontken ten diepste die nuwe moontlikheid wat Christus vir die wêreld geskep het. Dit bind die mens aan sy verlede van vyandskap en haat. Kortom, dit ontkrag die evangelie.

In hierdie verband roep die Here ook ons gemeente om te getuig van die versoening tussen God en die mense, en die mense daarom onderling. En ons kan ook bly bid dat die gemeente die versoening sal uitleef teenoor die wêreld en dat die gemeente self ‘n toonbeeld daarvan sal wees.

Versoening. . . . .

Ds Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai