(Goeie Vrydag) Sonde en bloed

(Goeie Vrydag)  Sonde en bloed

NG Kerk Gansbaai

Jesus,
my Here en my God,
Dit is Goeie Vrydag
en ek sien die kruis
die vloekhout
die wreedheid
die bloed...
Was dit regtig nodig?
Was daar nie ‘n ander manier nie?
Was daar nie ‘n ander uitweg nie?
En ek onthou ek het gekatkiseer
en geleer van die sonde...
Here,
sonde is in ons dag ‘n vloekwoord
vir die modernemens
fatsoenlik
beskaafd
gekultiveerd
sonde is nie meer sonde nie
verskoonbaar
hoogstens ‘n fout
‘n tekortkoming
‘n glips
Here,
ek weet net my sonde alleen
sou die kruis regverdig
die kruis noodsaaklik maak
daar was nie ‘n ander uitweg nie
... tensy U my in die hel sou werp
... my vir Jesus sou ruil

 

(Goeie Vrydag)  Sonde en bloed

Dr Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai