Die doel van die Evangelie

Die doel van die Evangelie

NG Kerk Gansbaai

TEKS:  1 Kor 15:21-28(vers 28)

Wat is die doel van die Evangelie?  Waarom word die evangelie van Jesus Christus, oor geslagte heen, verkondig?  Van kansels af, by Bybelstudies, deur ouers, oupa’s en ouma’s, in dagboeke, ens  word die boodskap verkondig van Jesus Christus wat mens geword het, gely het, kruisig is, gesterf het en uit die dood opgestaan het. Waarom word die boodskap verkondig. Wat is die doel van hierdie evangelie wat oor eeue heen verkondig word?

Verskeie antwoorde is al op die vraag gegee.  So het die Reformasie gemeen die kern van die evangelie lê opgesluit in die boodskap van die mens  wat grondig sondig is. Ons word verlos uit genade alleen, uit geloof alleen, deur die aanhoor van die Woord alleen.  In die tyd van die Verligting ontdek die mens sy verstand. Die tyd van die rede het aangebreek. Die mens kan self dink wat is waar, geloofwaardig en wat nie.  Die mens kan self besluit met gesonde verstand wat in die Bybel  is waar en wat is nie waar nie, wat is die doel van die evangelie en wat nie.  Na die tyd van die verligting sou daar vele antwoorde volg op die vraag na die doel van die evangelie.

Sommige meen dit gaan om versoening, ander meen  dit gaan eerder om bevryding.  Die Evangelie gaan om die bevryding van onreg en onderdrukking.(armes,randfigure,ens) .  Baie  meen die doel van die  evangelie het te doen met vrede. Veral in tyd van geweld en onvrede, word hierdie doel van evangelie al duideliker.  Ander meen weer dit gaan om die saak van verandering. Die verandering word met woorde beskryf soos  bekering en wedergeboorte.

Maar is dit alles die doel van die evangelie? Is dit waarom Jesus mens geword het? Sodat die mens verlos kan word, versoen kan word, bevry kan word? Paulus antwoord die vraag met ‘n paar woorde in vers 28: . . . ”So sal God alles wees vir alles”. Die  OAV lees “ sodat God  alles in almal kan wees”.   Die doel van die evangelie het in die eerste plek met God te doen. Met die Heilige Eer van God.  Jesus Christus word mens, ly, sterf aan die kruis, staan op uit die dood, nie sodat die mens (in eerste plek) verlos kan word, sodat ek kan hemel toe gaan, sodat ek voorspoed kan beleef,sodat ek altyd gesond kan wees,  maar sodat God alles in almal kan wees. Selfs Christus onderwerp Hom aan die Vader(vers 28) sodat God alles in almal kan wees.

Paulus kan om hierdie rede skryf in Gal 2:20 ” ek leef nie meer nie,maar Christus leef in my”. Handl 17:28: . . . “want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons”.

Is die sake van versoening, vrede, verlossing, verandering, bevryding, geregtigheid, ens dan nie belangrik nie? F Deist het dit mooi verduidelik toe hy gesê het, as ons die doel van die evangelie verstaan, kan ons die weg van die evangelie verstaan.  Die weg na die doel loop langs versoening, vrede, verandering, eregtigheid, ens.  Die weg wat Christus vir ons kom wys het. Die Christus  wat in Joh  14 sê  “Ek is die weg  die waarheid en die lewe.”  
 

Die doel van die Evangelie

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai