Volkskerk of Belydeniskerk

Volkskerk of Belydeniskerk

NG Kerk Gansbaai

Die begrip volkskerk dui primêr op die kerk as ‘n massakerk wat ter wille van sy eie uitbreiding so veel  as moontlik mense lidmate laat word, sonder dat daar regtig sprake is van toewyding aan die Here van die kerk.

Om ook mense byvoorbeeld belydenis van geloof te laat aflê en hulle toe te laat as lidmate sonder dat hulle werklik ernstig is met die Here is. Dit sou oor jare ‘n etniese karakter aanneem, byvoorbeeld waar mense van ‘n spesifieke kultuurgroep soveel as moontlik toegelaat word tot die kerk, sonder, weereens die nodige  toewyding aan die Here self. In hierdie  verband het prof. Willie Jonker (wat hom oor jare beywer het vir die skriftuurlikheid van die kerk) al jare terug geskrywe dat waar dit gebeur, ‘n gedrog van ‘n kerk ontstaan. Dit wil meer ‘n opvoedingsinrigting wees en dink dat dit goed is om ter wille van sy eie uitbreiding soveel moontlik lidmate te hê.

Die oorsprong hiervan kan teruggevoer word na die tyd van Konstatyn die Grote toe die Christelike godsiens as staatsgodsdiens  verklaar is en mense gedwing is om tot die Christelike geloof te behoort, sonder werklike oortuiging.

‘n Meer onlangse voorbeeld is toe mense tydens die Reformasie in Duitsland soveel as moontlik tot die kerk toegelaat is ter wille  van die invloed  van die Reformasie. So sou Luther redeneer dat as vorste as noodbiskoppe aangestel moet word ter wille van die beskerming van die saak van die Reformasie, sonder dat hulle noodwendig ernstig met die Here sou wees. Waar hy dit net as ‘n noodmaatreël beskou het, sou hierdie mentaliteit die Lutherse Kerk jare lank beїnvloed.
Waar die NG Kerk baie jare nou al die geestelike tuiste van die grootste deel van die Afrikaanssprekendes van ons land is, het ons self nie hierdie versoeking vrygespring nie en ook mense as lidmate toegelaat, sonder dat hulle in werklikheid toegewyde Christene was en steeds is.
En dit het ook gebeur dat die saak van kultuur verstrengel geraak het met die saak van die koninkryk van die Here, asof die twee gelyk loop.

Lidmaatskap van die kerk is dan nie meer  lidmaatskap van Christus en toewyding aan Christus nie. Met so ‘n benadering word die tug byvoorbeeld verwaarloos, want om mense aan te trek en te behou, moet dit nie moeilik gemaak word vir hulle nie. Juis daarom het die gereformeerde tradisie nog altyd in beginsel ‘n ongemaklikheid gehad  met so ‘n seining.

Die sterk klem op heiliging, die gebruik van die tug as bedieningsmaatreël ter bewaring van onder meer die heiligheid van die gemeente, is bevestiging daarvan. In hierdie verband kan nie genoeg gemaak word van die bydrae van die teoloog Dietrich Bonhoeffer  nie. Hy het die uitdrukking “goedkoop genade” gemunt – genade wat geen eise stel of vaste ondernemings vra nie. Met ander woorde, genade sonder dissipelskap. Hy was oortuig dat dit meer as enigiets anders die rede is vir die kerk se onvermoë om deur sy getuienis ‘n konstruktiewe rol in die wêreld te speel. Hiermee sou hy  die klem laat val op die Bybelse eis tot dissipelskap.

Geloof in Christus beteken juis dat mense hulle bestaande lewe opsê en hulle lewens radikaal verbind aan die saak van Christus en om Hom te volg tot op die punt dat hulle bereid is om saam met Hom te ly.

Daarom ook die belydenis dat Christus die Here is. En dit kan ‘n mens sê alleen op grond van die Here se genade vir sondaarmense en nie omdat dit by die Here aansluiting vind by enige vorm van verdienste, sou dit die kultuur, of enig iets anders wees, nie.

Ten slotte net die volgende opmerking: Mag die Here ons help om al hoe meer aan Hom toegewyd te lewe. Mag dieHere ons bewaar om lidmate van die Kerk te wees, om ernstige en toegewyde Christene te wees. En mag die Here ons help om ander aan te spoor om ook dieHere te dien. Laat ons opnuut bely dat Christus inderdaad die Here van ons lewe is. En dat ons om daardie rede gemeente van Christus is.
Seestrome 2012:1

Volkskerk of Belydeniskerk

Ds Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai