Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
“How do you know you made god in your image? When he hates the same people you do”
Afgodediens was nie net sonde van die oud-Israeliete wat lekker voor die goue kalf gedans het nie. Die saad is in ons almal se harte. Dit is eintlik so eenvoudig soos om jou god na jou beeld te vorm, hom in jou boksie te verpak. ‘n veilige god wat inpas by jou eie idees oor ander in die wêreld.
Enigiets wat die hoogste prioriteit in my lewe inneem, is my god. Augustinus het tereg gesê dat jy word wat jy begeer. As ons eerlik met onsself op ons geloofsreis is, sal ons die insig hê dat God nie altyd vir ons die Gans-Andere is nie. Ons wat na God se beeld geskep is, is geneig om God na ons beeld te skep.
Die Bybel wil op verskillende plekke ons daaraan herinner dat God met ons op pad is. Op pad is om ons al hoe meer sy beeld gelyk te maak. Op pad om ons weer te vorm tot die mense wat Hy ons bedoel het om te wees.
‘n Paar gedeeltes kom by my op. Paulus beskryf die kerk in Efesiërs as ‘n mens op pad na volwassenheid. In Efesiërs 4:13 staan daar: “So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.”
Ons groei in Christus is dan ook groei in sy heerlikheid, soos Paulus in 2 Korintiërs 3:18(b) beskryf: “ Ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”
Die Heidelbergse kategismus beantwoord juis die vraag oor hoekom ons na die wet luister, al weet ons dat ons dit nie kan kan nakom nie, soos volg: “ . . . moet ons ons sonder ophou beywer en God om die genade van die Heilige Gees bid, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik.”
As ons toelaat dat die Gees ons vorm, moet ons oop wees vir die misterie en onsekerheid. Dan kan ek God nie meer tem nie, en Hom nie die draer van my agenda en vooroordele maak nie. Soos Aslan, die leeu, in CS Lewis se Lion, Witch and Wardrobe ons herinner: God is goed, maar God is nie veilig nie. Ons kan verwag om verander weg te gaan van ontmoetings met God. Miskien as mense wat liefhet omdat God eerste liefgehad het.
Seestrome 2012:1
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.