Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Hedonisme is die lewenstyl van ‘n ydele gejaag na plesier. Dit is ‘n lewensstyl waarin ‘n mens se lewe volledig om jouself draai, om dit wat jy uit die lewe kan kry. Dit is die voortdurende gejaag van die een ervaring van genot na die volgende met hoop op vervulling. Plesier en genot word die god in jou lewe. Onverdraagsaamheid is ‘n lewenshouding van: Ek alleen is reg. Jy verdra geen ander standpunte of siening behalwe jou eie nie. Jy is bereid om te veg vir die saak waarin jy onwrikbaar glo.
Onverdraagsaamheid lei tot ‘n veroordelende en vyandige lewenshouding teenoor dit wat anders is as jou eie denke en oortuigings.
Fundamentalisme, xenofobie en homofobie is enkele voorbeelde van ‘n lewenshouding van onverdraagsaamheid.
Hedonisme en onverdraagsaamheid weersieël die gees van die wêreld.
In Pinkstertyd word gelowiges herinner aan ‘n ander gees, naamlik die Heilige Gees. Die Heilige Gees bring nuwe lewe waar hedonisme en onverdraagsaamheid die lewe vir ons in ‘n hel kom verander het.
Die Heilige Gees kom leer ons van die weg van liefde vir God en ons naaste. Die weg tot ware lewensvervulling begin by die dien van die lewende lankmoedige God.
Die Gees van die Pinkster is die Gees wat ons al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2kor 3:18).
Mag die Here ons elkeen op ‘n besondere wyse gedurende Pinkster met sy Woord seen.
Seestrome 2012:1
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.