Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Matt 6:9-13. ‘Laat U Koninkryk kom”
Wie was die eerste hoorders van hierdie bede? En hoe het die eerste hoorders hierdie bede verstaan? Die eerste hoorders was Joodse-Christene. Hulle pa’s, ma’s, oupas en oumas was die mense van die Ou Testament. Hulle was die Verbondsmense, die slawe mense in Egipte, die mense van die eksodus. Die hoorders van hierdie bede is deel van ‘n geskiedenis waarin hulle voorouers gely het onder die oorheersing van ander volke. (Ons dink hier aan volk soos die Egiptenare, Assiriërs, Babiloniërs en die Romeine)
Die Hoorders van hierdie bede ken die verlange na ‘n Messias,’n Verlosser wat hulle gaan bevry van die 0nderdrukker. Wanneer Jesus die bede bid: “laat U koninkryk kom”, dink die hoorders aan ‘n Ryk waarin hulle bevry is van hulle politieke maghebbers. Sy hoorders hoop op ‘n tweede eksodus waarin hulle ‘n nuwe ryk sal ontvang.
Die koninkryk waarvan Jesus praat, was egter nie die koninkryk wat Sy hoorders in gedagte gehad het nie. Jesus Christus bring wel ‘n Nuwe Eksodus,maar die eksodus is anders as die eerste Eksodus. In hierdie Jesus Christus word die ganse mensdom Verlos, bevry van ‘n groter mag as volke of regerings, nl van die mag van die Bose, van die mag van die kwaad in hierdie wêreld. In hierdie Jesus Christus breek God se ryk aan waarin God se eer herstel word. In hierdie ryk is Jesus Christus die Heer. Origenes het al gesê dat Hierdie Jesus die koninkryk in persoon is, Hy is self die koninkryk. Hoe kom die koninkryk van God na ons toe?
In Jesus Christus bring God Sy koninkryk na hierdie wêreld langs die weg van die krip, kruis, graf en opstanding. M.a.w.hierdie koninkryk kom langs die weg van weerloosheid: vergifnis, armhartigheid, iefde en vrede.
Wanneer Jesus in die bergrede met die skare mense praat, is Hy besig om die koninkryk van God aan hulle voor te hou. Die koninkryk van God is nie iets vaag of ‘n plek ver bo die aarde nie. Die Koninkryk van God is waar Christus die Heer is. Waar Christus die Heer is, leef vergiffenis, is daar liefde vir die vyand, waar mammon nie aanbid word nie, waar mense nie oor mekaar oordeel nie, lees maar weer Matt 5:3-12.
Deur die eeue is die betekenis van die Koninkryk vanGod dikwels verkeerd verstaan. In die 4de eeu was dit Konstantyn wat die Christelike geloof tot staatsgodiens verklaar. Wie nie Christen word,word vervolg. Hy verwar sy ryk met God se Ryk. Die verhaal van Karel die Grote is dieselfde. Hy vervolg en maak dood in die naam van Jesus Christus. Koning Lodewyk XV van die Frankiese ryk het die volgende kennisgewing in die St Medard begrafplaas aangebring “ God word hiermee verbied om in hierdie plek wonderwerke te doen, Op las van koning Lodewyk XV, koning van Frankryk” Met sy kennisgewing wou hy sê: Hier mag God se koninkryk nie kom nie. Dit is Lodewyk XV se koninkryk hierdie.
En ons? Hoe lyk ons koninkryke?
Ons koninkryke kom langs die weg van eie belang, eie behoeftes en begeertes.
In ons eie koninkryk Soek ons ons eie voordeel, My eie eer.
In hierdie koninkryk van my, kan ‘n mens God net op een manier verstaan, op my manier!
In my koninkryk is net sekere mense welkom
Is goed,dinge, besittings belangriker as God en mense
Is ek heiliger as ander.
Laat U koninkryk kom is ‘n gevaarlike bede. Hiermee bid ek teen my eie koninkryk in, bid ek dat my koninkryk tot ‘n val kom. Amen
.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.