1 Kor.1

1 Kor.1

NG Kerk Gansbaai

Kerntekse:
Vers 10 “Ek doen ‘n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eengesind te wees. . . “
Vers 13: “is Christus dan in stukke verdeel?”
Vers 17: “ Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te     verkondig . . .”
Vers 18: Die boodskap van die kruis. . .”
Vers 29: “Voor God het geen mens dus iets om oor te roem nie”


Bedink die volgende biddend:
Hoe belangrik was die doop vir Paulus?

Hoe sou Paulus oordeel indien ‘n gemeente geskeur word deur mense wat ‘n ander doop verlang?

Hoe sou Paulus iemand antwoord wat die volgende verkondig: Indien jy nie (reg) gedoop is nie, kan jy nie gered word nie?

Hoe sou Paulus reageer indien iemand in die kerk homself/haarself sou verhef bokant ‘n ander met die idée”dat ek my met die regte doop laat doop het en jy nie”

GEBED:

Bid dat Christus se kerk die struikelblokke wat eenheid in die weg staan, sal verwyder.

Bid veral vir die leiers(die skrifgeleerders en voorgangers) in ons kerke.

Bid dat mense wat worstel met die vraag na die sekerheid van hulle saligheid daardie sekerheid  sal vind – in niks anders nie as in die boodskap van die kruis.


GESANG 190:

“In genade, groot en ryk bou U, Heer, u koninkryk. Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra. Ek kon vind: U’t my gekry voor ek nog my skuld bely”

Seestrome: Maart 2004

 

1 Kor.1

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai