Jesaja 1

Jesaja 1

NG Kerk Gansbaai

Jesaja 1

In die Ou Testament tree profete(waarvan Jesaja een was) op in tye van geestelike verval in die lewe van God se volk. Hierdie profete moes die volk weer terugroep na God, die volk op hulle sondes en ongeregtighede wys, en opnuut die weg uitstippel waarop die volk van God hulle godsdiens tot eer van God moes beoefen.

Wat merkwaardig is, is die feit dat God dit nodig geag het om profete te roep en te stuur in tye waarin die volk op die oog af van godsdiens ‘n groot saak gemaak het. Die ironie is, hoe juis in godsdienstige tye die grootste geestelike verval by die volk plaasgevind het.

Jesaja dra die gweldige boodskap van oordeel: die volk moet onder andere hoor dat God “moeg is” vir hulle godsdienstigheid en dat dit vir Hom ‘n “las” is (vers 14); dat hulle offergawes vir God “nutteloos” is (vers 13); dat God na hulle wat sy voorhowe vertrap en die altare oorlaai met vetgemaakte voerbeeste, as ‘n “Gommorasvolk” verwys, en dat Jerusalem met ‘n “ontroue slet” vergelyk word.

Vers 17 is ‘n kernvers in die hoofstuk – lees dit en bedink dit biddend. . .  en prober die vraag beantwoord: “Wat behoort die uitstaande kenmerk van ware godsdiens te wees?” (Lees hierdie woorde saam met Jesus se woorde in die Matteus-evangelie: hoosfstuk 15:1 tot 9; hoofstuk 23 en hoofstuk 25:31 tot 46).

Gegewe die konteks – die wêreld of samelewing waarin ons vandag leef en geroep word om God te dien – watter boodskap is daar vir ons?

Seestome : Sept 2004

Jesaja 1

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai