"Ek glo aan die Kerk. . . "?

"Ek glo aan die Kerk. . . "?

NG Kerk Gansbaai

“ Moet tog nooit aan die christene glo nie, wie aan hulle glo, sal teleurgesteld word;  glo alleen in die Christus van die christene;  wie in Hom glo sal nooit teleurgestel word nie”

Van die Twaalf Artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis is die een waarin ons bely dat ons aan die kerk glo, waarskynlik van die mees betwyfelde en bevraagtekende. Kan ons regtig nog aan die kerk glo?

Daar is baie mense in ons dag vir wie dit ‘n kwelvraag is. Die kerk, so argumenteer ‘n groeiende persentasie mense, is immers(meestal?) ‘n teleurstelling. Veral  waar en wanneer  “die kerk” in mense se kerkbegrip deur ampsdraers verteenwoordig word. En daardie ampsdraers blyk ook maar net voete van klei te hê. Mense wat struikel en val. . . dwaal. . . misluk. . . fouteer. . . sondig.

Tereg het ‘n teoloog opgemerk dat, wanneer ‘n mens – soos om boek te hou van die kwaad – ‘n lys van die kerk se sondes sou saamstel en dit bedink ( hoe groot die sonde van die kerk is), dit byna ondenkbaar is dat enigeen nog die moed sal hê om op te staan en te sê: “ ek glo (nogtans) aan die kerk”. Maar dan, volgens die teoloog, lê tog juis hierin die vreemde heiligheid van die kerk.
Die kerk is juis nié sonder sonde nie en bestaan nié uit sondelose mense nie. Trouens, juis omdat ons weet en erken en bely dat ons sondaars is -  en daarom op niks en niemand anders as op Jesus Christus vir ons saligheid vertrou nie – ons kérk is: gemeenskap van die sondaars. . . ‘n Christelike kerk.

‘n Gemeenskap van mense wat saamgeroep is deur die stem van die Een wat roep: “ Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”; en : “Ek sal hom/haar wat na my kom nooit verwerp nie.”

Ja, die stem van die sondaarliewende God, uit die mond van Hom wat uitgeskel en beswadder was as synde die vriend van tollenaars en sondaars.

Ek glo aan die kerk. .  .? Nogtans? Ja, ek glo AAN die kerk, omdat ek IN die Gód van die Kerk glo. Die vréémde God van genoeg genade – selfs vir die grootste van alle sondaars, selfs ook vir my! Hoe verlore sou ek wees as die kerk sonder sonde was?

Máár Goddank, nou het ék  ook ‘n tuiste (‘n kerk) – ek en my broers en susters. . . Ons wat weet hoe arm ons voor God is.


“Daar waar mense saamkniel en die tollenaarsgebed bid (“O God, wees my sondaar genadig!”) – daar konstiteer die kerk as CHRISTELIKE KERK. . .”

Seestrome : Sept 2004

"Ek glo aan die Kerk. . . "?

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai