Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Norman Sauls, hoofouderling van die VG Kerk, het enkele hoogtepunte van die afgelope jaar met ons gedeel.
♦ Gesamentlike Nagmaalsdienste is op 30 Junie 2013 in die VG kerk, Blompark, en op 29 September 2013 in die NG kerk gehou. Beide kerke was goed verteenwoordig. Beide kerke se diakens was deel van die reëlings gedurende die dienste. By dié pragtige geleenthede het beide kerke se kore ook opgetree.
♦ Hierdie jaar het Baardskeerdersbos as preekpunt bygekom. Die VG gemeente daar word op die eerste en derde Sondag van die maand met Woord en sang bedien. Hierdie is ‘n gesamentlike inisiatief van die sending– en uitreikgroep en die kerkraad van Baardskeerdersbos. Die gemeenskapsaal van Baard-skeerdersbos word vir hierdie doel aangewend.
♦ Gedurende November 2013 sal nuwe lidmate in Blompark, Pearly Beach en Stanford bevestig word. Ons bid hierdie nuwelidmate seën toe met dié groot gebeurtenis in elkeen se lewe.
♦ Onder leiding van Nita Faber gaan die VGK koor van krag tot krag. Met hulle optrede gee hul uiting aan hul geloof en prys die Heer met lof- en dankliedere. Op 24 November tree hulle tydens die NG Kerk se Kerssangdiens op. Die koor het ook deelgeneem aan die jaarlikse ringskorefees wat in Klein-mond aangebied is.Ouderling Norman Sauls wens namens die VGK die gemeentes en alle lidmate en kinders sterkte toe en bid dat dit vir almal ‘n baie geseënde feesgety sal wees saam met hul geliefdes.
Hy bevestig weereens dat in Christus elkeen van ons meer as oorwinnaars is.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.