Eerste dekade van ons NG Gemeente Kersmark is bereik

Eerste dekade van ons NG Gemeente Kersmark is bereik

NG Kerk Gansbaai

Linda Cilliers, wat een van die stigterslede van die mark was, het ‘n klompie vrae beantwoord:

Die Kersmark is 10 jaar oud.  Hoe voel julle?
Ja, dit is hierdie jaar die 10de Kersmark wat aangebied word en ons as organiseerders is opgewonde oor die geleentheid. Ons sien met hoop en verwagting uit na ‘n suksesvolle Kersmark 2013 wat ons weereens soos elke jaar in die verlede, met dank opdra aan ons Hemelse Vader.”

Hoe het die mark begin en wat is die doelstellings?
Die Kersmark is in 2004 “gebore”. Ek en Ronél Claassen het die inisiatief aan die dag gelê en die jaarlikse mark op die been gebring. Die projek het begin toe ‘n geleentheid geïdentifiseer is met ‘n groot koopkrag gedurende Desember en ‘n onbenutte saalfasiliteit. Die totstandkoming van die projek was deurentyd ‘n geloofs- en gebedsaak. Neh.2:20 het as bevestiging gedien: “Die God van die hemel sal ons laat slaag in wat ons doen.”

Hoe beplan, organiseer en bestuur julle die Kersmark wat as een van dié bestes beskou word?

Sedert 2006 is ek en my man, Thys, aan die stuur van sake. Maryke van Rensburg het in 2011 haar gewig by die span in-gegooi om met die administrasie te help. Gedurende die mark is die vloerbestuurders, Petro Trautman, Ilse Klopper en Rita Pio deel van die bestuurspan en voltyds aan diens.
Die Kersmark is uniek, aangesien daar hoofsaaklik handgemaakte artikels te koop aangebied word. Daar is iets vir almal. Hier is ook ‘n geleentheid waar iemand al sy Kersgeskenke, teen billike pryse, onder een dak, kan koop.
Vanjaar is daar 106 uitstallers, van wie ongeveer een derde uit plaaslike geledere kom. Die Gansbaai gemeenskap staan nie ‘n tree agteruit waar dit by kreatiewe talent kom nie.
Die proses om ‘n suksesvolle mark elke Desember aan te bied begin reeds vroeg Februarie wanneer nuwe aansoekvorms by die kerkkantoor beskikbaar is en voornemende uitstallers hulle aansoeke indien. Keuring vind plaas die tweede Saterdag van Mei in die Pretoriussaal en die laaste Saterdag van Mei saam met agt ander markte se keurders by die NG Kerk Lourensrivier, Broadway, Strand. 
Om die standaard deurgaans op die bestaande hoë vlak te hou word voornemende uitstallers se produkte streng gekeur. Unieke kwaliteitsprodukte wat billik geprys is en wat deur
aanbod en aanvraag teen mekaar opgeweeg word, kry voorkeur.In die geval van eetbare produkte is smaak en keurigheid van aanbieding baie belangrik. Die Kersmark is grootliks daarop gemik om in die vraag na Kersgeskenke vir oud en jonk te voorsien. 

Julle getuig van God se genade en seën, maar wat dra by tot die sukses van die mark?
Die Kersmark is ‘n gemeenskapsprojek en ons mense/lidmate se meelewing en hul dienswerk is wonderlik. Daar word gereeld verwys na die kameraderie wat onder gemeentelede ontstaan wat by die Kersmark diens gedoen het en die aangename atmos-feer wat almal in ‘n vriendelike feesstemming geplaas het. Afgesien daarvan dat plaaslike handwerkers die geleentheid gebied word om uit te stal, word die gemeenskap ook betrek om as vrywilligers te help met toesig in die saal, as pakkers, kassiere, ensovoorts. Hierdie dienste word georden volgens ‘n dienslys sodat elkeen presies weet wanneer om sy/haar deel by te dra . . . en dis ‘n riem onder die hart om die samewerking te sien. Die saal en verhoog word elke jaar omskep in ‘n pragplek. Anita Botha en haar puik dekorspan is verantwoordelik vir die versiering van die saal en hulle verrig wonders! 

Help die mark ook ander in die gemeenskap?
Verskeie diensgroepe in die gemeente /gemeenskap, soos Her-berg-aan-See tehuis vir bejaardes, word ook die geleentheid ge-bied om ‘n stalletjie/tafel te bedryf. Opbrengste gaan na die on-derskeie instansies. ‘n Kafeteria word deur die Vrouediens be-dryf waar gesellig saam gesmul en gekuier kan word. Aankope van produkte vir die kafee word meestal plaaslik gedoen. Daar word ook van plaaslike bakkers/kokke gebruik gemaak om die verversings voor te berei. Opbrengste van die mark gaan na die NG gemeente, Gansbaai. Die gemeente gaan gebuk onder die-selfde ekonomiese omstandighede as die land en die inkomste wat die Kersmark genereer, is lankal reeds ‘n beduidende ge-deelte van die kerk se begroting. Die feit dat ander instansies ook gedurende dieselfde tyd markte bedryf, het nie enige in-vloed op die NG Kerk se Kersmark nie. Die mark is goed ge-vestig en wyd bekend.

As organiseerders is julle dus dwarsdeur die jaar betrokke?
Die Kersmark word wyd geadverteer. Voor die keuring by die NG Kerk Lourensrivier, word daar in Die Burger geadverteer. Die mark word in die plaaslike koerant, die Courant, se dagboek geadverteer. Hardus Botha sorg elke jaar vir ’n skrywe in die Courant. Daar word ook strooibiljette in die dorp versprei. Die internet word ook ingespan om die mark te adverteer. Die Kersmark het ‘n Facebook-blad (Gansbaai Kersmark) waar besonderhede verkry kan word. Inligting is ook te kry op die Gansbaai Explore webblad www.gansbaai.com. Things to do/ events en die NG Kerk Gansbaai se webblad www.gansbaai.com/ng-church/  nuusgebeure/kalender.

Eerste dekade van ons NG Gemeente Kersmark is bereik

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai