God word mens in Jesus Christus

God word mens in Jesus Christus

NG Kerk Gansbaai

Ons as Christene bely dat God in Jesus Christus mens geword het. Ons bely dit elke Sondag, amper onnadenkend. Asof dit vanselfsprekend is dat God mens geword het. Hierdie belydenis is eintlik bo my as mens se begrip. Wie daaroor nadink, vind dit amper onmoontlik om te verstaan. Dit bly ‘n  misterie waarvoor ‘n mens jou hele lewe lank in verwondering staan.

Die  woord “vlees” staan vir ons gebrokenheid. Ons is sterflike mense wat tydens ons lewens-jare verwond word deur hartseer, oudword, siektes, die dood van ons geliefdes.

Om “vlees” te wees, om m.a.w mens te wees, is nie altyd so maklik nie. Dit is vol vreugde, maar ook vol lyding. Rondom ons, tussen ons, leef mense met wonde. Soms is dit fisieke wonde, soms geestelike wonde of soms is  dit psigiese wonde. Wonde geslaan deur die leed van die lewe. Oral om ons sien ons die leed indie lewens van vriende, familie, gesinne, kinders, vreemdelinge, ens. Ons probeer die seer van die lewe dikwels wegsteek agter vrolike  of  ligsinnige maskers.

Vir my is dit wonderbaarlik om te dink dat God ons volle menswees, met al sy vreugdes en veral pyn, ernstig kom neem het in Jesus se menswording.

Die Kind in die krip verkondig: God is nie ‘n koue, veraf God nie. Hy is nie ‘n gevoellose God wat sy rug op ons, die mens en die ganse werklikheid, kom draai nie. In Christus het God ons won-de, ons smarte, ons krankhede op Hom kom neem. Waar hierdie Jesus, soos ons bely, aan die regterhand van die Vader sit, weet God die Vader van ons wonde.

Geloof is om hierdie God te leer sien, om ons vlees, ons mensheid te sien sit aan die regterhand van die Vader.

Teksgedeeltes: Hand. 2:22-24, 32-33, Mark.10:43-45, Filip 2:5-11, 2 Kor 5:21.

God word mens in Jesus Christus

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai