Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: 1 Kor. 13
Teks: “maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks” (vers 2).
“maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks” (vers 3).
Ons ken ons Skrifgedeelte baie goed as ‘n Skrifgedeelte by troues. Miskien is daar ook vanoggend diegene hier onder ons by wie se troue 1 Kor. 13 die Skrifgedeelte was wat voorgelees is en waaruit die prediker ‘n boodskap gebring het. (“tot die dood ons skei”).
Maar eintlik is 1 Kor. 13 ‘n Skrifgedeelte met ‘n ernstige bekeringsoproep. Toe die apostel Paulus 1 Kor. 13 neergeskryf het as deel van sy brief aan die gemeente in Korinthe, was daar ‘n groot bekommernis in sy hart oor daardie gemeente. Die gemeente het so goed begin: die evangelie van Jesus Christus het mense tot geloof oortuig en hulle in ‘n gemeenteverband saamgesnoer as christengelowiges, ja, daar het die gemeente begin: by die wonderwerkende evangeliewoord wat deur die kragtige oortuigingswerk van die Heilige Gees mense in Korinthe se harte gewen het vir Jesus Christus: die evangelie wat mense in Korinthe oortuig het dat Jesus, die gekruisigde, die Christus van sondaarmense is, en daardie mense in ‘n verhouding met Christus hulle Here ingebind het.
Maar, die gemeente wat so goed begin het, het spoedig ontaard. Daar het verdeeldheid in die gemeente gekom rondom die sakrament van die doop; en boonop het lidmate die gawes van die Gees gebruik – eerder: misbruik om hulleself in geestelike hoogmoed bokant ander gemeentelede te verhef. Veral die gawe van “spreke in tale” is beskou as ‘n gawe wat iemand verhef/uitlig bokant ander. Die gemeente het gely onder ‘n mentaliteit van lidmate wat hulleself as (charismatiese) christene-van- ‘n- hoër- orde beskou het in vergelyking met ander – my doop is van ‘n hoër orde as joune; en boonop: my gawe is van ‘n hoër orde as joune.
En die gevolg? Die gemeente wat veronderstel was om ‘n liefdesgemeenskap te wees, het ontaard in ‘n gemeenskap van botsende ego’s.
Met die skryf van 1 Kor. 13 wou die apostel ingryp in die gemeente en die gemeente weer omdraai (bekeer) tot wat ‘n christelike gemeente behoort te wees.
Die crux van 1 Kor. 13: al het ek al wat ‘n geestelike gawe is, met welke doop ek ook al gedoop is, as ek nie die liefde het het nie, is ek niks; as ek nie die liefde het nie, baat dit my niks.
Dit is 1 Kor. 13 wat ook in ons dag kritiese vrae aan ‘n gemeente vra. Vrae wat almal hierop neerkom: Het ons die liefde?
Het ons die liefde wat daarvan bewys lewer dat ons ‘n verhouding het met Jesus Christus as ons Here wat deur die evangeliewoord en die Heilige Gees gebind is?
Het ons die liefde?
Dit is merkwaardig dat die apostel Paulus uit die Griekse woordeskat vir “liefde” die woord “agape” gekies het om hierdie liefde betekenis te gee wat hy as die allerbeste gawe van die Heilige Gees beskou. (in die Griekse woordeskat is daar vier woorde vir liefde: “eros” en “sorge” en “philos” vir liefde, maar die apostel kies vir “agape”).
Het ons die agape-liefde?, vra 1 Kor. 13 ook vir gemeentes in ons dag.
Het ons hierdie soort liefde?
Die Engelse vertaling van 1 Kor. 13 vertaal liefde terg met die woord “charity”. Want inderdaad is dit die grondbetekenis van agape-liefde: dit is liefde van barmhartigheid.
Aanhaling: “so onderskei agape-liefde sigself van alle ander gestaltes van liefde:
agape-liede is liefde waarin die eie-ek gekruisig is en die liefde wat gegee word liefde is wat niks terug verwag nie; dit geen agenda van persoonlike gewin nie;.
agape-liefde is liefde wat geen grense trek en voorvereistes stel nie;
agape-liefde is bereid tot onvoorwaardelike aanvaarding van ‘n ander en ook tot die onvoorwaardelike vergifnis van ander;
agape-liefde bly goeddoen al word dit ook teleurgestel”.
Geliefde gemeente, op hierdie Pinksterssondag:
Een: Nooit sal ‘n christen ooit kan sê of dink dat hy/sy hierdie liefde ten volle het nie.
Daarvoor is die eise wat agape-liefde stel, doodgewoon net te hoog.
Ons almal sal wanneer ons eerlik is, altyd weer ons gebrek/ons tekort/ons armoede aan hierdie liefde moet bely.
Ons almal sal wanneer ons eerlik is, altyd weer moet erken dat hierdie liefde ‘n groot stryd met ons sondige natuur te stry het: ons sondige natuur wat so ego-gesentreed is … Wanneer ons as christengelowiges ons sonde bely, is dit altyd juis weer ‘n belydenis van opregte berou oor die feit dat ons hierdie liefde so dikwels faal.
Twee: Nooit sal ‘n christen ooit te groot kan dink oor sy/haar vermoë om met hierdie liefde te kan liefhê nie.
Want: as christengelowiges weet ons dat alhoewel ons nie van nature oor hierdie liefde beskik nie, hierdie liefde tog as ‘n gawe van die Heilige Gees vir ons moontlik gemaak word.
Laat ons vir God dank vir Sy agapeliefde in Christus vir ons;
Laat ons bid dat God se agape-liefde in Christus vir ons, vir ons sal dring om ten minste elke dag van ons lewe hiervoor te bid: dat die Heilige Gees iets van hierdie agape-liefde in ons harte sal gee sodat ons dit kan deurgee na mekaar … en na ander …
En ons so aan ware christenwees gestalte kan gee in ons lewens.
Christenwees wat waarlik vir Christus verheerlik en vir God huldig.
En ‘n ware christelike gemeente bou.
Slotwoord: Die christelike gemeente op haar beste kies altyd om eerder teveel lief te hê as te min.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.