Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Die lede van die vrouediens: Die NG gemeente se vroue van De Kelders tot verby Pearly Beach en Baardskeerdersbos is tot vandag toe nog ‘n groep vroue wat diep spore in die gemeente trap.
Geskiedenis van die vrouediens: Ons het probeer om in die geskiedenis van die vrouediens (destyds die Vroue-Sendingbond) te delf, maar daar is soveel “ons onthou”- verhale dat hierdie ruimte net eenvoudig nie voldoende is nie. Ons wil dus graag in die volgende uitgawe hieraan dekking gee. Dames wat vir ons inligting het, moet ons asseblief kontak.
Die Vrouediens vandag: In 2013 word die vrouediens steeds as ‘n kommissie met bedieninge bedryf. Gansbaai vrouediens is ook steeds deel van die Caledon-ring en is op sinodale vlak ingeskakel by die Wes- en Suidkaap Vrouediens en betaal ook jaarliks sinodale bydraes.
Die bestuur van die vrouediens word jaarliks tydens ‘n algemene vrouediensbyeenkoms verkies en hierdie bestuur word deur die vroue in die streke en wyke ondersteun. Vir 2013 is Elcine Hulme voorsitter, Marina van Dyk, ondervoorsitter en Elize Eygelaar is sekretaresse.
Waarvoor werk die Vrouediens: Die Vrouediens beplan elke jaar die program en projekte (op Sinodale en plaaslike vlak) waarvoor ons vroue hul beywer. Datums en inligting word deur die jaar op die kerkalmanak en die Sondagbulletin of met inligtingsblaaie na vrouelidmate deurgegee.
Algemene byeenkomste en fondsinsamelings: Vrouelidmate kom gereeld byeen en lewer onmisbare dienste deur middel van verskeie aksies en fondsinsamelings, die bediening van tee by begrafnisse, ondersteuning aan die dogters van Huis E van die Herberg-kinderhuis, Robertson en die koshuis Okkie Smuts in Stanford, en nog ander.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.