Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Pinkstertyd in Gansbaai is ‘n tyd van verootmoediging, nadenke en hernude toewyding aan ons Hemelse Vader. Donderdag 9 Mei is Hemelvaartdienste in Gansbaai, Baardskeerdersbos en Pearly Beach gehou. Soos die gebruik is, is Pinksterbidure ook die volgende week elke aand in die gemeente gehou. Vanjaar se Tema was: “Here, leer ons bid” Die Onse Vader-gebed soos in Matt.6 is deur die loop van die week behandel en is Pinkstersondag (19 Mei), met die gebruik van die nagmaal afgesluit.
Die volgende kerngedeeltes is aangespreek: So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word (v 9), Laat u koninkryk kom (v 10); laat u wil geskied (v 10); vergewe ons ons skulde (v 12); laat kom ons nie in die versoeking nie (v 13). Gebed omspan die hele wêreld. Dit is belangrik in ons egte en opregte verhouding met God. Gebed kan skyn wees, waar dit nie gaan om God se naam te heilig nie, maar onsself. Gebed vorm die hart van ons verhouding met God. As ons nie bereid is om daaraan te voldoen nie, is gebed skyn en waardeloos. Gebed gaan nie om my eer nie. Die Onse Vader-gebed is nie ‘n goedkoop gebed nie. Die omvang van die gebed is weereens by ons tuisgebring. Deur die gebed te bid verklaar ons onsself bereid en sê: Begin by my, dan kan almal u heilige Naam sien en hoor.
Dit was ‘n wonderlike geesvervulde week. Namens die gemeente sê ons dankie aan die leraars (dr. Bobo van Zyl, ds. Willie Kotze en ds. Dirk van Dyk) wat die Pinksterdienste in Gansbaai, Baardskeerderbos en Pearly Beach gelei het.
Dankie aan almal wat elke aand gehelp het met die skink van die tee/koffie en die maak van die toebroodjies vir die gemeentebyeenkomste in die saal. Dit is baie spesiaal wanneer gemeentelede so saam kan verkeer en mekaar kan leer ken.
Baie, baie dankie ook aan bediening uitreik vir die onvergeetlike Pinkstermaal waarmee die week op ‘n hoë noot afgesluit is. Die sang van die laerskoolkoor van Alana Louw was pragtig en ons sê vir hulle nogmaals dankie.
Spesiale gaste, Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu, wat op uitnodiging van die Sendingbediening ons gemeente besoek het, het dienste in B’Bos en Pearly Beach bygewoon. Ons gemeente ondersteun evangelis Bonginkosi nou reeds ’n klompie jare en dit is wonderlik om te hoor hoe God se koninkryk in die Makhathini (veral in Bonginkosi se streek) groei. Seestrome dra graag ook hul dank en seënwense aan die gemeente oor .
Die totale bedrag wat vir die Bybelgenootskap deur middel van die deurkollekte geїn is, het die mooi bedrag van R9 332.65 beloop.
Op die foto verskyn Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.