2003 Projek Nette Boet : BUVTON Gemeenteprojek

2003 Projek Nette Boet : BUVTON Gemeenteprojek

NG Kerk Gansbaai

Die kerkraad het destyds tot die besef  gekom dat ‘n oorgangstyd-perk in die gemeente se geskiedenis gekom het : die groot en snelle verandering in ons dorp en ons gemeenskap, wat ‘n effek op die gemeente gewys het. Hersiening van die bedieningseise en die bedieningstruktuur was dringend noodsaaklik.

In 2003 is ’n gemeente/bedieningsbehoefte-ondersoek gedoen onder leiding van prof Kobus Kellerman, in samewerking met BUVTON. Lidmate (2 000 +) het vraelyste voltooi en uit die bestekopnames is die bevindings en aanbevelings waaraan aandag gegee moes word, geïdentifiseer. Daar is gefokus op die manier om God se saak in ons leefwêreld die beste te stel, en dat die NG gemeente van Gansbaai in die toekoms meer ‘n gemeente sal wees van lidmate, christengelowiges, wat deur die liefde van Jesus Christus gedring word om hulself vir God te gee as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.

Die Buvton-verslag het bevindings onder die ondergenoemde 10 hoofpunte uitgewys (verkort):
1] Profiel van gemeentelede: Ouderdomsverspreiding. Multi-generasie. Spiritualiteitsprofiel.
2] Gemeenteprofiel: Volgens die getal lidmate klassifiseer die gemeente as ‘n korporatiewe-gemeente. Dit noodsaak ‘n be-diening met die volgende kenmerke: diversiteit, toerusting, spanwerk, spesialisering, visionering. korporatiewe leierskap: ‘n Span mense wat verskillende  gespesialiseerde take uitvoer. Korporatief: predikante:  Skuif van bestuurders/toerusters na leierspanne met ’n visie. Moet kan werk met verskeidenheid en kompleksiteit met goeie spanspelers.
3] Kerkbegrip van gemeentelede: In ’n korporatiewe gemeente is Woord- en Evangelieverkondiging vir lidmate ’n prioriteit. Lid-mate beskou ook onderlinge sorg en diensbaarheid in gemeente as belangrik.
4] Evaluering van bediening van die gemeente.
5] Klimaat in die gemeente.

6] Verwagting oor die rol en werk van die leraar/-s en hoe lidmate voel oor beskikbaarheid van die leraar/-s?
7] Evaluering van eredienste en voorkeure:   Positiewe faktore: gevoed en versterk word, ervaar God se teenwoordigheid, lofprysing en liedere, Pink-sterdienste, variasie in verloop, kinders/kategese en gesinne, kanselruilings, aanbidding.
8] Die amp van gelowige: behoefte aan inskakeling by wyke en kleingroepe, gemeenskap van gelowiges, christenskap en daaglikse lewe en gemeentelewe. Daar blyk ‘n kontras te wees tussen lidmate se persoonlike geloofslewe en hul pub-lieke uitleef daarvan in gemeente of gemeenskap. Lidmate is meer bereid om met hul gawes as dienswerkers, voorbidders, ens., te dien as om in die kerkraad te dien?
9] Uitdagings vir die gemeente: tot watter mate lidmate se verwagtings asook die bedieningswyse van die gemeente “aanpas’ by die gemeente se grootte.  In die lig daarvan dat die gemeente ‘n korporatiewe gemeente is, toon die evalu-ering van bedieningsaspekte dat die volgende aspekte aandag vra: belyning van visie en missie met bediening, besluit-neming en leierskap bemagtiging, skep van ’n eenheidsge-voel, beplanning en organisering, toerusting en gawebedien-ing: m.a.w., watter bedieningstrategieë kan aangewend of ontwikkel word om ‘n groter integrasie tussen lidmate se per-soonlike geloof en die uitleef daarvan in die gemeente of ge-meenskap te weeg te bring ?  
10] Proses vorentoe moes fokus op: rol van leierskap: rol van gemeentelede: rol van fasiliteerders/sameroepers.

Tien jaar later: Dit is 2013!
Ons kyk terug op ‘n dekade waarin die Gansbaai-gemeente    (Ses streke : Baardskeerdersbos, Pearly Beach, Gansbaai, Kleinbaai, De Kelders en Franskraal)   met God se genade en sorg gegroei het en ’n geestelike tuiste vir gelowiges en gemeentelede en kinders was. Om van ’n klein pastorale gemeente na die bestuur van ’n groot makro-/korporatiewe gemeente te beweeg het uitdagings en veranderings gebring. Die aanbevelings van die Buvton-verslag was ’n goeie rigtingwyser. Die gemeente organigram  het verseker dat ’n struktuur met meer lidmaatbetrokkenheid bedryf word (bedieninge en diensgroepe) wat aan die uitdagings vir die gemeente,  (kyk punt 9) uitvoering kon gee.

Ons gemeenteblad Seestrome, ons logo, ons gemeentelied, die samewerkingsooreenkoms met die VG gemeente Blompark, die omgee- en hulpwerkerstelsel en later ook huiskerke was van die aksies wat ook hieruit voortgespruit het. Veral was lidmaatbetrokkenheid en -ondersteuning die afgelope jare ’n geseënde bydraende faktor .

Snel veranderende tye en nuwe uitdagings klop aan ons kerk en gemeente se deur!

Die Kommissie Gemeentebou ag dit ‘n saak van ernstige belang dat ons as gemeente gereeld bestekopname moet doen en self die kritiese vraag moet vra en beantwoord : Is ons as gemeente besig om met die beste wat ons het, die belangrikste dinge vir ons dag, te doen vir die koninkryk van God? ‘n Gemeente kan met baie goed besig wees sonder dat die gemeente werklik haar roeping vervul, naamlik om God se koninkryk in die gemeen-skap te dien. Ons as gemeente mag onvoorbereid wees vir die eise wat die volgende vyf tot tien jaar aan ons mag stel met be-trekking tot die pastorale bediening aan die gemeente (“na binne” domineeswerk, ouderlingswerk, diakenswerk waardeur ons lidmate in hulle geloof opgebou en versterk word), sowel as die missionêre bediening deur die gemeente (“na buite”, dit wat ons met ons bedieninge doen om behoefte en nood van mense aan te spreek).

Die kerkraad het dit goedgekeur dat daar in die komende jaar ‘n reeks gesprekke gevoer word met die oogmerk om goeie be-sluite te kan begin neem met betrekking tot die vernuwing van ons bedieningstrukture ter wille van Skrifgetroue gemeente-wees in ons gemeenskap oor die volgende vyf tot tien jaar. Dit raak al ons lidmate en kinders van hierdie gemeente.

 

2003 Projek Nette Boet : BUVTON Gemeenteprojek

Seestrome redaksie

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai