VG Gemeente Bou Voort

VG Gemeente Bou Voort

NG Kerk Gansbaai

Norman Sauls, hoofouderling van die VG Kerk, het enkele hoogtepunte  van die afgelope jaar met ons gedeel.

♦ Gesamentlike Nagmaalsdienste is op 30 Junie 2013 in die VG kerk, Blompark, en op 29 September 2013 in die NG kerk gehou. Beide kerke was goed verteenwoordig. Beide kerke se diakens was deel van die reëlings gedurende die dienste. By dié pragtige geleenthede het beide kerke se kore ook opgetree.

♦ Hierdie jaar het Baardskeerdersbos as preekpunt bygekom. Die VG gemeente daar word op die eerste en derde Sondag van die maand met Woord en sang bedien. Hierdie is ‘n gesamentlike inisiatief  van die sending– en uitreikgroep en die kerkraad van Baardskeerdersbos. Die gemeenskapsaal van Baard-skeerdersbos word vir hierdie doel aangewend.

♦ Gedurende November 2013 sal nuwe lidmate in Blompark, Pearly Beach en Stanford bevestig word. Ons bid hierdie nuwelidmate seën toe met dié groot gebeurtenis in elkeen se lewe.

♦  Onder leiding van Nita Faber gaan die VGK koor van krag tot krag. Met hulle optrede gee hul uiting aan hul geloof en prys die Heer met lof- en dankliedere. Op 24 November  tree hulle tydens die NG Kerk se Kerssangdiens op. Die koor het ook deelgeneem aan die jaarlikse ringskorefees wat in Klein-mond aangebied is.Ouderling Norman Sauls wens namens die VGK die gemeentes en alle lidmate en kinders sterkte toe en bid dat dit vir almal ‘n baie geseënde feesgety sal wees saam met hul geliefdes.

Hy bevestig weereens dat in Christus elkeen van ons meer as oorwinnaars is.

VG Gemeente Bou Voort

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai