Die Vader se Liefde vir ons in die Lig van Kersfees

Die Vader se Liefde vir ons in die Lig van Kersfees

NG Kerk Gansbaai

Ons vier een van die dae weer Kersfees.  In hierdie verband bly dit  darem altyd opvallend met watter eenvoud die geboorte van Christus gepaardgegaan het. So lees ons byvoorbeeld in Lukas dat die tyding van die geboorte aan skaap-wagters gebring is. As  die Seun van God mens word, dan geskied dit nie in koninklike paleise nie, maar in ‘n stal. Ons lees sy wiegie is ‘n krip en sy bedjie van strooi. So sou die tekens vir die herders oor die  geboorte van Jesus dan ook wees dat Hy  in ‘n krip in doeke toegedraai sou lê.

Oor hierdie eenvoud  in verband met die geboorte van Jesus sou NP van Wyk Louw in 1962 ‘n gediggie skrywe vir die NG Ge-meente Johannesburg.  Dit lui soos volg: “ Nie in die wit paleise nie wou Hy (uit soewereine Wil) tot ons soort staat gebore word; maar waar die Kuise en die Arme stil en buite die hotel se poort verniet loseer het in ‘n stal, het Hy, Visarendjie van God, in ons benoude vlees geval. Die eerste oë wat Hom sien, was skaapwagters vol strooi en stof: kras manne wat in skerms woon en ruik na bok en rook en mof. ”

Dit was natuurlik nie net Jesus se geboorte wat van eenvoud getuig het nie, maar ook sy hele lewe. Ons lees van  sy armoedige en eenvoudige bestaan as timmermanseun in Nasaret. Hy het ook geen geleerdheid geniet en geen openbare posisie beklee nie. Hy het ook niks besit, behalwe vir sy klere wat hy aangehad het nie. Ons lees in Lukas 9:58:  Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

Hierdie eenvoud sou ook weerspieël word in die wyse waarop mense in ‘n sekere sin met Hom kon maak wat hulle wou. En dat hulle Hom uiteindelik aan ‘n kruis gespyker het om te sterf. Maar hoekom juis hierdie eenvoud beklemtoon?  Daar is eintlik net een antwoord: Die liefde van God vir die wêreld.  Ons sien in die geboorte van Jesus  en sy lewe hoe lief God die wêreld gehad het dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sou gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

In Jesus Christus verklaar God Hom aan ons. Hy laat ons werklik sien hoe God is. En dit is dat die Here Homself inlaat met ons ellende om ons uit ons ellende te kan verlos. Johannes sou hieroor skrywe in die begin van sy boek, en volgens hoofstuk 1:14, hierdie liefde van God vir die wêreld soos volg beskrywe: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”   
Die apostel Paulus skrywe in Filippense oor hierdie liefde en beskrywe dit soos volg: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja die dood aan die kruis. 

As ons dus die geboorte van Christus herdenk, as ons Kersfees vier, dan verwonder ons ons opnuut, dan verbly ons ons opnuut oor hierdie liefde van God vir die wêreld, ‘n liefde wat so merkwaardig ook in Christus se geboorte waarneembaar is.

Maar daarom bid ons ook met elke viering van Kersfees dat hierdie liefde van die Vader vir die wêreld ons ook opnuut sal dring. Dat ons self met hierdie liefde gevul sal lewe in ons verhouding met mense rondom ons. En dat ons lewe daarom van dieselfde eenvoud sal getuig, wat maak dat ons met almal kan vereenselwig. 

Die Vader se Liefde vir ons in die Lig van Kersfees

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleƫ in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai