Maria . . . Geseend onder die Vroue

Maria . . . Geseend onder die Vroue

NG Kerk Gansbaai

By Maria kan ons nooit lank ge-noeg stilstaan nie. Die ingrype in haar lewe deur die lewende God word verwysing van God se in-grype in elkeen van ons se lewens. Die element van verras-sing, roeping, genade en oorgawe staan sen-traal.Die interaksie tussen God en Maria deur die engel Gabriël in Lukas 1 bly seker een van die mees aangrypende tekste in die Evange-lies. In Lukas 1: 28-29 lees ons die woorde van Gabriël: “Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou, geseënd is jy onder die vroue.” (1953-vertaling). Die NRSV vertaal dit met: “Greetings favoured one! . . . Do not be afraid, Mary, because you have foundfavour with God.”

God verras haar. Dit het my altyd nog gefassineer hoe God mense verras. Ek kry die ge-
voel ons dink ons moet baie ‘insit’ en ons ‘in-stel’ om ‘n ontmoeting met God te ervaar. Van die belangrikste ontmoetings in die Bybel was heeltemal uit die bloute.
* Ek dink aan Abraham wat al weke staan by die boom van Mamre en elke middag in sy tentdeur sit op die warmste van die dag. En dan een dag, soos alle ander, staan die drie manne voor hom. Hulle wat kom met die belofte van Isak. God wat aan hom verskyn in die warmte van die middag.
* Ek dink aan die verhaal van Jakob wat ge-vlug het van Berseba na Haran, 800 km., en elke aand maar sy bed gemaak het onder diesterre. Wat eintlik gedink het hy vlug weg van sy familie en miskien ook van God. Dan een aand, tussen al die ander, ontmoet God hom in ‘n droom en herhaal die beloftes van sy ge-troue verbond.

En hier sit die die jong meisie seker soos elke dag in haar huis, besig met alledaagse take, en hier staan ‘n engel. Maar ek dink die groter verrassing was die inhoud van die engel se woorde. Sy het seker nie aan haarself gedink as “favoured”, begenadig nie. In die teks is haar reaksie een van verbystering en nadenke nog voordat sy die nuus van haar swangerskap hoor. Moontlik omdat dit nie die taal is wat sy oor haarself sou gebruik het nie. Sy was alledaags en doodgewoon soos kon kom. Sy was ‘n jong meisie in ‘n samele-wing wat sterk patriargaal was en dinge namens haar besluit is. Sy is nie ‘n agent nie. Nou word sy ‘n gekose persoon, integraal deel van God se plan.
Wat haar deur die eeue sentraal maak in die Christelike verhaal, is haar reaksie en woorde: “Laat met my gebeur wat U gesê het.”  Die gevolg van hierdie ontmoeting en haar antwoord was ‘n oorgaan van-uit die moontlike na die onmoontlike. Die gewone meisie word ‘n pro-feet, Maria die moeder van God, haar aanvaarding van haarself as be-genadig lei tot dissipelskap. Haar lewe is nou vervuld. Vervulling en dissipelskap gaan hand aan hand, dit beteken die aanvaarding van wat jy geroep word om te wees - vir elke mens anders. 
In hierdie sin is ons almal “favoured”, ons almal begenadig, want God het ons elkeen tog op ons naam geroep.

Maria . . . Geseend onder die Vroue

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai