Vrouediens funksie 19 Febr 2013

Vrouediens funksie 19 Febr 2013

NG Kerk Gansbaai

Die Vrouediens het op 19 Februarie 2013 'n gesellige funksie met tema "10 Gebooie aangebied.  De Kelders streek was die organiseerders en gasvroue.

Anita Botha was verantwoordelik vir die samesang. Die keuse van liedjies het vreugde en trane vir die dames gebring. Pieter van der Merwe was verantwoordelik vir musiek gedurende die funksie.

Ds Dirk van Dyk was die gasspreker by die geleentheid, en een van die weinige hane onder die henne. Hy het die 10 Gebooie op 'n ander treffende wyse voorgehou:

Omdat Jesus Christus die wet vir ons volkome vervul het, word die Tien Gebooie in Hom tien beloftes aan ons.

Eerste Gebod: Ek belowe dat, as Ek die eerste plek in jou lewe inneem, jy geen ander gode sal wil dien nie – Ek sal die eerste en ereplek in jou lewe hê.

Tweede Gebod: As Ek in jou hart is, belowe Ek dat jy geen gesnede beelde van My sal maak nie. Dit sal nie nodig wees nie, want jy sal self My beeld dra.

Derde Gebod: As jy My liefhet, sê Jesus, belowe Ek jou dat my Naam nooit ‘n vloekwoord oor jou lippe sal kan wees nie, maar steeds en in alle omstandighede deur jou in ere gehou sal word.

Vierde Gebod: As Ek die ereplek in jou lewe het, belowe Ek jou dat die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou sal wees. Dit sal vir jou ‘n ware vreugde wees om kerk toe te gaan – nie ‘n dag om teen op te sien nie, maar om na uit te sien!

Vyfde Gebod: As Ek in jou lewe is, belowe Ek vir jou dat dit vir jou ‘n voorreg sal wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal vir jou nie moeilik wees nie, want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies en geleen het.

Sesde Gebod: Ek belowe jou dat jy nooit iemand sal wil seermaak nie, wat nog te sê doodmaak.

Sewende Gebod: Ek belowe jou dat, as jy My liefhet, dit nie moeilik sal wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. Gee My ‘n plek in jou huwelik en Ek sal vir julle liefde vir mekaar en julle geluk in my hande bewaar en vashou.

Agste Gebod: As Ek op die troon van jou hart sit, belowe Ek dat jy nie daarop ingestel sal wees om iets van ander te neem nie. Jy sal daagliks vra: Aan wie en waar kan ek aan ‘n ander iets GEE? Maar néém ? Nee, nooit . . .!

Negende Gebod: As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ‘n ander kwaad te praat nie. Ek belowe jou dat Ek deur my Gees jou ‘n lojale mens sal maak wat van ander geen word sal sê as dit nie iets goeds kan wees nie.

Tiende Gebod: Ek belowe dat Ek deur my Gees jou so sal vul met dankbaarheid dat jy niks meer sal begeer nie. Jy sal vergenoeg wees met wat jy het, met die besef dat God gee soos wat HY dit nodig vind en as Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat niks jou sal ontbreek nie.

Die Okkie Smuts koshuis lê die Vrouediens baie na aan die hart. Die dames het 'n groot hoeveelheid broodnodige items tydens die geselligheid ingesamel vir oorhandiging aan die koshuis.

Sien die foto's op ons foto blad

Vrouediens funksie 19 Febr 2013

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Simeon en Anna en Baba Jesus

Simeon en Anna en Baba Jesus

Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Webblad

NGK Gansbaai Webblad

Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder

NG Kerk Gansbaai
Gesins en Jeugbediening 2013

Gesins en Jeugbediening 2013

In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.  

NG Kerk Gansbaai
Vir die Jongspan :  die Kersverhaal

Vir die Jongspan : die Kersverhaal

Lank, lank gelede, voor daar  nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.  

NG Kerk Gansbaai
NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

NGK Gansbaai Kerssangdiens 2013

In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van  die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.  

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Baardskeerdersbos hou Skaapkopete

Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer. 

NG Kerk Gansbaai