Simeon en Anna en Baba Jesus
Maria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Dit is heel gepas dat die eerste nis in die NG-gemeente se Gedenkmuur vir wyle Kallie Liebenberg (15 April 1936 - 20 Junie 2011) se as gebruik is. Hy was vir etlike jare 'n gewilde, hulpvaardige en geliefde koster van die gemeente en het alom as "Kallie Koster" bekendgestaan. Dan was hy ook vir 43 jaar 'n entoesiastiese NGK Koorlid gewees. "Nou voel ek tevrede omdat Kallie uiteindelik en finaal in die nis in die Gedenkmuur tot ruste gekom het," het Kallie se eggenote, Annatjie, gesê. Sy en haar Gansbaai kinders, Karel en Yolanda Liebenberg het saam met die twee kleinkinders, Kareltjie en Lynmari, Kallie se as tydens 'n privaatgeleentheid in die nis geplaas. "Die geleentheid gaan ook vir ons gepaard met sy verjaardag op Maandag, 15 April, wanneer dit Kallie se 77ste verjaardag sou gewees het." Kallie en Annatjie is op 26 Desember 1964 getroud en het 2 seuns, 'n dogter en 7 kleinkinders. Hulle is Karel en Yolanda Liebenberg van Gansbaai, met 2 kinders, Jakkie en Claudia Liebenberg van Somerset-Wes, met 3 kinders en Sariëtte Von Willigh-Barnard, getroud met Carl en woon in Nieu-Seeland, met 2 kinders.
Kallie het tot en met sy aftrede op ouderdom 60, as Produksiebestuurder by Gansbaai Mariene gewerk het, met in totaal sowat 48 jaar diens. Annatjie is vir die afgelope 31 jaar in diens van Gansbaai Pelagiese Visserye Beperk, waar sy steeds werksaam is. Met verwysing na die onderste hoekie in die Gedenkmuur wat deur Annatjie gekoop is, het haar broer, Frikkie Mostert, gesê: "Nou kan Kallie, as koorsanger, vir jou sing - Jy in jou klein hoekie..en ek in myne!" Annatjie bedank graag die NG Kerkraad en predikante vir die goedkeuring van die Gedenkmuur "wat groot berusting in my gemoed gebring het." Vir meer besonderhede oor die bespreking van 'n nis in die Gedenkmuur, kan gemeentelede die NG-Kerkkantoor by 028-384-0510 skakel
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMaria en Josef het hulle babatjie Jesus genoem, net soos die engel ‘n paar maande tevore vir Josef gesê het.
Gedurende Oktober 2013 is ‘n “Proud Community Member” sertifikaat aan die NG Kerk Gansbaai oorhandig deur Candice Lombard, die Gansbaai Explore Gemeenskaps Bestuurder
In 'n oogwink is nog 'n jaar verby - nog 'n jaar waarop ons met dankbaarheid kan terugkyk en ons Hemelse Vader eer vir al sy liefde en genade aan ons as mense bewys.
Lank, lank gelede, voor daar nog motors en vliegtuie was, het Josef en Maria na Betlehem gereis. Hulle het net ‘n donkie gehad waarop Maria kon ry as sy te moeg geraak het. Dan het Josef die donkie gelei.
In afwagting om 'n ware Christusfees te vier, kon ons op Sondag 24 November 2013 deel wees van die Kerssangdiens, wat die regte gees van Kersfees in ons harte laat ontwaak het.
Die NG gemeentelede van Baardskeerdersbos reël jaarliks ‘n Skaapkop-ete waartydens hulle saam met vriende en besoekers gesellig verkeer.